Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Esegiël 37:5: “So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe.”
Asem is lewe. Sonder asem vergaan ons. In Genesis 2:7 blaas die Here die lewensasem in die mens. Dit is die begin van die menslike bestaan. In Esegiël 37 is dit die vier winde van die aarde wat die lewelose bene op bevel van die profeet laat herleef.
Die beeldspraak van bene in Esegiël 37:1-10 word in verse 11-14 verander na dié van grafte, wat die hopelose toestand van die ballinge illustreer. Daar is geen menslike hoop nie.
Moet ons net opgee in omstandighede wat blykbaar onomkeerbaar is? Nee, selfs in die somberste situasies kom nuwe lewe van God af. In Esegiël is hierdie wonderwerk uitsluitlik God se werk. Hierdie lewe vloei uit sy hand en deur die werking van die “gees” (37:5-9). Hier dui die gees op God se krag om nuwe lewe aan dooies te skenk.
Die bekende Ou-Testamentikus Walther Zimmerli merk op dat God uit sy eie vrye wil die lewe aan mense wat tot die dood veroordeel is, skenk.
Die opstanding van Jesus Christus bring hoop in hopelose tye. Paulus bevestig dat ons deur God se genade oorbeweeg het van die dood na die lewe toe (Efesiërs 2:1-10). Ons was dood in ons sondes, maar God het ons saam met Christus opgewek! Kom ons loof Hom vir sy genade!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie