Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Esegiël 37:10: “Ek het as profeet opgetree soos die Here my beveel het, en toe kom die gees in hulle, en hulle lewe en gaan staan regop. Dit was ’n baie groot menigte.”
’n Baba kies nie om gebore te word nie. Dit is ’n wonderwerk dat ’n mens in ’n ander groei en uiteindelik in die wêreld kom. As gelowiges dank ons God vir hierdie gawe van nuwe lewe.
Net so moet ons God dank vir die nuwe lewe deur sy genade. Natuurlik wil ons dikwels God se genade met verdienste verbind. Ons noem soms sekere “voorwaardes” waar aan mense moet voldoen om te “kwalifiseer” – genoeg berou of beter lewens voordat hulle genade kan ontvang.
’n Palestynse Targum gee ’n rede hoekom een liggaam leweloos gebly het na die opstanding van bene in Esegiël 37: Hy was oneerlik en dus uitgesluit. Walther Zimmerli, ’n Ou-Testamentikus, skryf dat dit nie die boodskap van hierdie gedeelte is nie. God se genade word onvoorwaardelik gegee. God weet dat daardie bene lankal dood was en nie kon kies om te lewe nie. Daarom bring God lewe uit die dood deur sy lewende en kragtige woord (Esegiël 37:4, 12).
Hier is geen onduidelikheid nie – lewe is ’n gawe. Hy verander mense en maak hulle gehoorsaam deur sy Gees (Esegiël 36:26–27). Paulus sê dat God se genade die dooies in lewendige kunswerke verander (Efesiërs 2:1-10).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie