Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL

Esegiël 37:14: Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Ek het dit gesê en Ek sal dit doen, sê die Here.

Menslike potensiaal word oorskat. Ons vertroue in ons vermoë om dinge te verbeter het in ons gesig ontplof. Oorloë, omgewingskrisisse, gebroke gesinne en ander negatiewe uitkomste van ons ‘potensiaal’ is genoegsame bewyse.

Hierdie werklikheid geld ook vir die kerk. Hoe kan ons verlos word van die gevolge van ons foute?

God is die lewegewende Here in Esegiël 37. Wat kan ons doen? Ons kan sy wese en die boodskap van hoop deel, selfs in haglike omstandighede. Dit is ons roeping. Verandering moenie op ons inisiatiewe bou nie, maar op God se wil. Hy werk deur sy Woord en die mense wat Hy stuur. Ons word draers van lewe eerder as dood.

Ons moet glo dat die Here die kerk sal laat herleef deur sy Woord en Gees. Verandering sal kom wanneer ons terugkeer na sy boodskap van genade. Om die evangelie herhaaldelik te deel - dat God ons ’n nuwe begin gee - verander lewens.

Hoekom maak die Here sy kerk nuut? Wanneer God se mense lewenskrag verloor, merk die wêreld dit op (36:20) en dit is ’n skande vir die Here se Naam. Wanneer God verlossing bring, sal ons weet dat Hy die Here is (37:13-14). Uiteindelik sal nasies Hom ook as Here erken (36:23). Verandering eer sy Naam.

Here, bemagtig ons om U lewe aan die wêreld te verkondig, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!