Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Johannes 15:5: “. . . sonder My kan julle niks doen nie.”
Blaise Pascal het opgemerk dat ons diepste vreugde is om aan die Here verbind te wees. Ons grootste hartseer is as ons van Hom afgesny is. Dit word pragtig geïllustreer deur Jesus se beeld van die wingerdstok: lote kan net lewe as hulle aan die wingerdstok geheg bly. Wanneer hulle afgesny word, verwelk hulle en sterf.
In een gemeente waar ek gedien het, was daar ’n byna ongesonde beheptheid om mense se bydraes oor die jare te erken. Al is waardering goed, moet ons onthou dat om vrug te dra uiteindelik die gevolg is van God se werk in ons. Die eer behoort aan God, nie aan ons nie. Jesus herinner ons: “Sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5). Om aan Hom verbind te bly, sluit natuurlik ’n verbintenis in om sy opdragte uit te voer (15:9), maar ons vermoë om vrugte te dra is die gevolg van sy liefde vir ons.
In Oosterse godsdienste kies volgelinge ’n ghoeroe vir leiding, terwyl mense in Judaïsme ’n rabbi gekies het. Ons het egter nie vir Jesus gekies nie. Hy het ons gekies om vrug te dra (15:15,16). Ons word deur God self op die wingerdstok ingeplant (15:1,3).
Die Here is die bron van ware lewe. Deur sy genade bly ons aan Hom verbind. Mag die lewegewende sap van die wingerdstok vandag deur ons vloei.
Here, dankie dat U ons gekies het om vrugte te dra, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie