No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Johannes 17:23: “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het. . .”



Die eenheid van die kerk was nie altyd vir ons ’n topprioriteit nie. Hoekom is dit nou skielik so belangrik, veral omdat ons so lank daarsonder klaargekom het? Hierdie verdraaide perspektief weerspreek ons geloofsbelydenis wat een, heilige, katolieke en apostoliese kerk bely. Die kerk van Christus begryp nie skielik die hele waarheid nie, maar groei mettertyd daarin. Die begeerte na kerkeenheid spruit voort uit ons worsteling met die Woord.

Eenheid onder gelowiges is noodsaaklik. Hoekom is hierdie eenheid so noodsaaklik dat Jesus spesifiek daarvoor bid? Kan ons nie ons verskille op ons eie oplos nie? Nee, dis hoekom Jesus daarvoor bid! Die eenheid van gelowiges is deurslaggewend vir ons getuienis in die wêreld. Wanneer Christene verdeeld is, word dit vir die wêreld moeilik om te aanvaar dat Jesus die Seun van God is. Ons eenheid is die bewys dat ons ernstig is oor Jesus wat deur God gestuur is (Johannes 17:21, 23).

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!