Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Johannes 8:12: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Jesus noem Homself die lig van die wêreld. God self is lig (1 Johannes 1:5). Hy het die lig geskep (Genesis 1). In donker tye het God sy lig aan die mense geopenbaar (Jesaja 9). Die briljantste openbaring van hierdie lig is Jesus self. Hy het duisternis in die lewens van baie verdryf.
Ferdinand Deist merk op dat mense wat Jesus teëgekom het, nuwe sin ontdek het, soos Saggeus, Nikodemus, Maria Magdalena, Petrus en Thomas. Jesus, as die lig van die wêreld, het hoop en lewe gebring!
In Johannes 8:1-11 illustreer die verhaal van die owerspelige vrou hierdie lig. Jesus veroordeel haar nie. Hy bied eerder ’n nuwe begin deur sy vergewende liefde aan. Haar lewe in duisternis is nie haar enigste opsie nie.
Ons word ook geroep om God se lig in die wêreld te reflekteer (Matteus 5:16). Deur dit te doen, kan ons hoop bring aan mense wat vandag hoop wil verloor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie