No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Hebreërs 6:19: “Hierdie hoop besit ons as ’n veilige en onbeweeglike lewensanker.”



Die Nederlandse teoloog, Oepke Noordmans, merk op dat die anker van ons hoop sukkel om ’n vaste plek in die modderige slyk van ons bestaan te kry. Ons kies dikwels om in onsekere dinge te hoop. Ons vertrou op ons eie vermoëns, gesondheid of die onvoorspelbaarheid van ons werk, besighede en die ekonomie. Wanneer hierdie onsekere fondamente verkrummel, raak ons vinnig moedeloos.

Martin Luther het self moedeloosheid ervaar. Daar was ’n tyd toe sy vrou die luike van hul huis toegemaak en swart klere gedra het. Toe Luther haar vra hoekom, het sy geantwoord: “God is tog dood, want Martin Luther het geen hoop meer nie.”

Die skrywer van Hebreërs herinner ons daaraan dat ons hoop soos ’n vaste anker is, stewig vasgemaak aan die getroue God wat nie sy woord sal breek nie. As God ’n belofte maak, sal Hy dit nakom (Hebreërs 6:18). Die voltooide werk van Jesus Christus aan die kruis anker hierdie hoop (Hebreërs 6:19-20).

Om ’n anker in jou boot te gooi, sal nie help as jy geestelik uitgeput voel nie. Die anker is buite onsself – vas in Christus en gebou op die beloftes van God.

Luther het hierdie les geleer en ons moet ook. Daarom het hy die woorde “VIVIT! HY LEEF!!!” op die muur van sy studeerkamer geskryf.



Here God, dankie vir die hoop wat ons het omdat U lewe. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 21° | 29° Oshakati: 22° | 27° Ruacana: 22° | 28° Tsumeb: 22° | 32° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 17° | 28° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 23° | 36° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 17° | 32° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 14° | 33° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 17° | 22° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 35° Harare: 18° | 31° #REF! #REF!