Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 6:19: “Hierdie hoop besit ons as ’n veilige en onbeweeglike lewensanker.”
’n Verhaal uit die Griekse mitologie lui dat Zeus, die oppergod, ’n houer gevul met goddelike gawes aan die mensdom gegee het. Die mense is egter verbied om dit oop te maak totdat die gode dit toegelaat het. Gedryf deur nuuskierigheid het hulle die houer oopgemaak en al die geskenke het na die gode teruggekeer. Net een is agtergelaat: hoop.
Die Grieke sê: “Ons het net hoop oor.” Hierdie hoop is verskriklik onseker. Dit is menslike hoop. Ons hoop dit reën. Ons hoop om môre te lewe. Ons hoop dat die ekonomie sal verbeter.
Vir Christene is dit anders. God het nie sy gawes teruggehou nie, maar het dit vrylik deur Christus aan ons gegee. Ons sê nie: “Ons het net hoop oor nie.” Ons sê: “Ons het hoop!” Christelike hoop is geanker in iets buite onsself – in God se getrouheid. In Christus is al God se beloftes vervul. Hy was getrou in die verlede en sal in die toekoms getrou bly. Daarom het ons ’n anker wat vandag vas en veilig is, gegrond in die sekerheid van wat Christus vir ons bereik het. Sonder hierdie hoop lei die lewe na doodloopstrate.
’n Spreekwoord sê: “Hoop is die brood van die armes.” As Christene sê ons nie: “Waar daar lewe is, is daar hoop.” Ons sê: “Waar daar hoop is, is lewe!” Almal wat hierdie hoop het, leef werklik.
Here, my hoop is net in U geanker. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie