Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 6:18: “Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen.”
Menslike vermoë of potensiaal is gevaarlike gronde vir hoop. Ons hoop moet geanker wees in God se woord, nie in die onsekere toekoms nie.
Abraham is ’n voorbeeld vir die twyfelende Hebreërs. Hy is ’n nageslag en ’n nuwe land belowe. Tog moes Abraham 25 jaar wag vir die geboorte van Isak. Hy het baie terugslae op die pad beleef. Isak is gebore, maar toe toets God Hom. Hy moes sy seun gaan offer. Hy moes leer dat God getrou is en dat sy woord genoeg is.
In die vroeë kerk het die beeld van ’n anker hoop gesimboliseer. Dit is dikwels in die skuilplekke van Christene gevind. Hebreërs 6:19 praat van die anker van ons hoop. ’n Anker is onsigbaar in die dieptes van die see. Die matrose sien dit nie. Tog is hulle rustig. Hulle weet hulle is geanker. Ons sien nie die hemelse realiteite nie, maar ons kan rus vind in die hoop wat ons aan God se trou verbind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie