Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 6:18: “Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen.”
Moenie hoop verloor nie! Hierdie woorde vind dikwels nie aanklank by mense wat hoop verloor het nie. Ons het nie die innerlike krag om ons gevoelens van hopeloosheid in hoop te omskep nie.
Vir die Hebreërs was die anker van hoop noodsaaklik. Soos Israel geloof in die woestyn begin verloor het, het die Hebreërs soortgelyke uitdagings ervaar (3:12; 6:12; 12:3; 12:12). Hy herinner aan ’n tyd toe hulle ’n helder visie gehad het (10:32-34).
Die lewe kan ons inderdaad tot op die rand van wanhoop stoot. Hierdie gedeelte beklemtoon God se eed (6:13, 17, 18), met verwysing na God se eed aan Abraham (Genesis 22:16-17). God is inherent betroubaar. Soos Numeri 23:19 sê: “God is nie ’n mens dat Hy sou lieg nie. . . Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?” (Sien ook Titus 1:2.).
God hoef nie ’n eed af te lê nie. Tog, om ons onsekerhede, verwarring of twyfel uit die weg te ruim, het Hy ook ’n eed afgelê. Ons toekoms is in die hande van ’n getroue God wat Homself aan sy Woord verbind het. Sy getrouheid is seker!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie