Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 5:5: “Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee.”
Net soos ’n tent na kamp afgeslaan word, sal ons aardse lewens uiteindelik afgeslaan word. Ons huiwer om van hierdie tydelike bestaan afskeid te neem omdat ons bang is vir wat voorlê (5:4). Ons moet immers almal rekenskap van ons lewens voor God gee (5:10)
Die Gees bring egter ’n radikale verandering. Hy steek God se lig in ons aan en verander ons perspektief op die toekoms (4:18). Die oorgang van die dood na die ewige lewe is seker, aangesien die Gees self die waarborg is dat God sal vervul wat Hy belowe het (2 Kor 1:19-22; Rom 8:23; Ef 1:13,14). Dit is hoekom Paulus uitsien om by die Here te wees (5:8).
Die Gees neem ook ons vrees vir die oordeelsdag weg. Ons is kleipotte wat maklik breek. Ons wil nie in daardie toestand voor God staan nie. Ons troos lê daarin dat die Regter ook ons Verlosser is. Ons gebrokenheid en mislukkings word deur God se genade bedek. Hy het ons voorberei vir ons verskyning voor sy troon, want Jesus se lyding en dood het ons sondes versoen (5:15,19)
Daarom wil ons nie meer vir onsself lewe nie, maar vir die Een wat gesterf en opgestaan het (5:9,15).
Here, dankie dat U my sondes vergewe en my in staat gestel het om vir U te lewe. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie