No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Lukas 1:13: “Jou vrou, Elisabet, sal aan jou ’n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem.”



Lukas plaas groter klem op die geboorteverhaal van Jesus as enige ander Evangelieskrywer. Voordat hy oor Jesus se geboorte praat, praat hy van die belangrike voorloper, Johannes die Doper.

Die aankondiging van Johannes se geboorte weerspieël nou dié van Isak. Soos Abraham en Sara, is Sagaria en Elisabet gevorderd in jare. Vir Sagaria is dit moeilik om te glo dat hulle nou ’n kind kan hê.

Walter Brueggemann skryf: “Onvrugbaarheid is. . . ’n effektiewe beeld vir hopeloosheid. Daar is geen onmiddellike vooruitsig nie. Geen menslike krag kan ’n toekoms skep nie.”

Dan tree God in! Die opvallendste ooreenkoms is dat, net soos in die verhaal van Abraham en Sara, God besluit om onverwags nuut te begin. Dit is God se bestemde tyd. God gaan sy plan in werking stel om ’n Verlosser na die wêreld te stuur.

Johannes sal die Here van geboorte af in die krag van die Heilige Gees dien – soos die profete van ouds. Sy opdrag sal wees om mense na God terug te bring. As ’n Nasireër sal hy hom weerhou van sterk drank en homself geheel en al aan die Here toewy (Numeri 6).

God handel dikwels wanneer ons dit die minste verwag. Hy skenk sy verlossing op sy eie tyd. Hy gebruik gewone mense en die geboorte van ’n oënskynlik gewone kind om dit te doen.



Here God, dankie dat U u plan vir die wêreld deur ons vervul het. Amen

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 25° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 22° | 30° Oshakati: 22° | 27° Ruacana: 18° | 30° Tsumeb: 20° | 24° Otjiwarongo: 17° | 27° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 19° | 29° Henties Bay: 17° | 18° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 18° Mbabane: 19° | 21° Maseru: 17° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 18° | 20° Maputo: 24° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 17° | 21° Durban: 21° | 22° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 19° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!