Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 12:34: “Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
Wat is die doel van jou lewe? Sommige gelykenisse in Lukas het die doel om ons te laat nadink oor hulle basiese prioriteite. Ons sien dit in die gelykenisse van die ryk dwaas, die ryk man en Lasarus, die waaksame dienskneg en die bruilofsgaste wat wakker is.
Baie lesers het Christus en sy wederkoms uit die oog verloor. Nou leer Jesus sy volgelinge om uit God se skepping te leer (12:24–27).
Net so moet Jesus se dissipels besef dat ons net ons doel in die lewe moet vervul. Ons primêre taak is nie bekommernis oor ’n langer lewe nie (12:25). Ons fokus is God se koninkryk. Ons vertrou dat Hy die res sal hanteer. Ons roeping is om God se eer.
Wanneer ons harte tussen wêreldse bekommernisse en toewyding aan God verdeel is, het ons botsende prioriteite. Soos Jesus sê: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” (12:34).
Waar is jou hart op die oomblik?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie