No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Lukas 12:33: “Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle ’n beurs aan wat nie leeg raak nie, ’n onuitputlike rykdom in die hemel.”



Verbintenisse kan wreed wees. Wanneer ons te besitlik in verhoudings raak, kan dit ander verstik. Net so kan oormatige gehegtheid aan ons geld en besittings ons versmoor.

Jesus is ernstig oor hierdie ongesonde gehegtheid. Is ons bereid om ons besittings weg te gee omdat ons ’n groter geskenk ontvang het? In Lukas 14:33 sê hy dat ons radikaal moet herbesin oor ons verhouding met wat ons besit as ons sy volgelinge is.

Hoekom het Jesus hieroor gepraat? Die vroeë kerk het geglo dat Jesus gedurende hulle leeftyd sou terugkeer. Soos die tyd verloop het en Jesus nie teruggekeer het nie, het hierdie gemeenskap moedeloos begin voel te midde van hulle stryd. Vir hierdie tweede of derde geslag Christene het die teleurstelling toegeneem, omdat hulle hoop nie verwesenlik is nie.

Jesus herinner ons dat ons ontvangers van die koninkryk is. Jesus verseker ons dat dit die Vader se wil was om aan ons die koninkryk te gee (Luk 12:32). Ons is burgers van die hemel! Ons passie moet wees om in die ewige koninkryk van die Here te belê. Dit relativeer al ons verbintenisse!

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!