No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Lukas 1:26: Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.



Gerard Brom het opgemerk dat Martin Luther belangriker is vir Protestante as Maria, die moeder van Jesus. Tog word sy ook wêreldwyd gerespekteer. Die prominente gereformeerde teoloog J.H. Bavinck skryf: ‘Maria is geseënd onder alle vroue. Sy het die eer ontvang wat geen ander skepsel ontvang het nie. In die onverdiende genade wat aan haar gegee is, styg sy uit bo alle mense en engele. Die geboorte van Christus het geen ernstige betekenis vir iemand wat dit ontken nie.’

In die vroeë kerk was daar groot meningsverskille oor Maria se status: As Jesus God is, moes Maria ook as die moeder van God wees. Almal het nie saamgestem nie, maar dit het beslis Maria se aansien verhoog. Maria is die enigste mens wat positief in die Apostoliese Geloofsbelydenis genoem word, want sy het ’n spesiale plek in God se reddingsplan: Sy is deur die engel besoek en het, deur God se wil, Jesus se ma geword.

Tog moet ons onthou dat haar posisie die gevolg was van God se guns (Lukas 1:28, 30). Sy het nie haar rol verdien nie. Sy het dit ontvang. Ja, sy God se roepstem gewillig aanvaar, maar sy is gekies om die Messias te dra (Luk. 1:33).

Maria was 'n persoon soos ons. Deur die geskiedenis het God se genade gewone mense omskep in draers vir sy groot dade.

Here, dankie dat U gewone mense in u diens gebruik. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!