No Image Caption

BYBELSE WYSHEID

DR. ANNES NEL



Lukas 1:54-55: ... deur te dink aan sy beloftes van ontferming soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.



‘Genade onbeskryflik groot’ (Amazing grace) is een van die mees geliefde liedere. John Newton het dit in 1772 geskryf. Dit is ’n kragtige lied van verlossing en vergifnis. Newton was ’n voormalige slawehandelaar. Sy lied vertel van die sy reis van sonde na verlossing.

Ons neem gereeld die naam van Jesus op ons lippe sonder om God se pad met die mensdom te onthou. Maria se loflied besing haar verwondering oor vir die buitengewone eer om die Seun van God in die wêreld te bring. Geslagte sal Maria onthou as die geseënde vrou!

Watter soort Verlosser is dit? Maria sing dat God die beloftes nakom wat Hy aan Abraham en sy nageslag gemaak het. Lukas benadruk in sy evangelie dat hierdie beloftes die grense van Israel oorsteek. Die fokus in Maria se lied is op die nederiges, armes en hongeriges wat God vrees, teenoor die hoogmoediges en magtiges. God se genade is vir almal, selfs mense wat op die rand van die samelewing is. God se nuwe volk is Jode, Grieke, rykes, armes wat die Here liefhet.

God het guns aan Maria bewys. Sy was ’n mens soos ons. Hy gaan voort om dit te doen deur die gawe van Jesus Christus. Ons is almal ingesluit. Genade, onbeskryflik groot!

Genadige God, dankie dat U my liefhet. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 22° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 23° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 23° | 35° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 22° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 25° | 38° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 18° | 25° Lubumbashi: 16° | 30° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 33° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 17° | 23° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 33° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!