bybelse wysheid
bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Henriette Lamprecht
DR. ANNES NEL

Vreugde!

Lukas 15:6,9 (32): Wees saam met my bly!

Die verhaal van die verlore seun belig die liefde van God voordat enige verwerping plaasgevind het en van die liefde van God nadat alle verwerping plaasgevind het, sê Henri Nouwen. Ons sien dit in die vreugde van die soekende herder, die vrou wat vir ’n verlore muntstuk soek en die liefdevolle vader wat vol vreugde is voordat die seun sy sonde kan bely.

Drie sleutelwoorde herhaal dwarsdeur hierdie gelykenisse: verlore, gevind en vreugde. Daar is groot vreugde in die hemel wanneer verlore mense gevind word, maar die ouer broer is nie bly nie.

Die boodskap is duidelik: God bewys buitengewone genade aan mense wat die pad verlaat het en weggeloop het. Hy soek aktief na hulle totdat Hy hulle vind. In Lukas 15:20 is ’n kragtige beeld: terwyl die seun nog ver weg is, sien die pa sy seun en word hy met deernis vervul. Hy hardloop om hom te omhels en verontagsaam samelewingsnorme wat bepaal dat ’n man van sy statuur nie hardloop nie. Die pa wil nie luister na verskonings en beloftes van verandering nie. In plaas daarvan verwelkom hy sy seun by ’n vreugdevolle fees.

Sommige mense hou nie van God se vrye genade nie. Di maak hulle kwaad en gefrustreerd. Hulle glo dat harde werk vir die Here beloon moet word. Luister: God se genade nie verdien of gekoop word nie. Dit is geskenk van sy vrye liefde. Laat ons saam met Hom bly wees oor sy genade!

God van genade, help my om u onvoorwaardelike liefde te vier! Amen.

Kommentaar

Republikein 2025-02-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer