20241223390862
20241223390862

BYBELSE WYSHEID

DR. ANNES NEL

Lig vir die wêreld

Lukas 2:32: ... my oë het u verlossing gesien wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: ’n lig tot verligting van die nasies...

Helmut Thielicke skryf: ‘Dat God 'n mens geword het, is die nuus wat amper ongelooflik is, maar geglo moet word. In my donkerte is ek nie meer alleen nie. Dit is hoekom ek Kersfees vier.’

Die besnydenisdiens het vir Simeon ’n onverwagse wending geneem. Almal het bymekaargekom om die nuwe verbondskinders te sien. Simeon, ’n man van die Heilige Gees (2:25-26) is deur die Gees na die tempel gelei (2:27). Dit is ’n deurslaggewende oomblik in sy lewe. God het hom belowe dat hy nie sou sterf voordat hy die Messias gesien het nie (2:26).

Toe Simeon die baba Jesus in sy arms gehou het, het hy besef dat hierdie seremonie nie net nog 'n gebeurtenis of tradisie was nie. Die kind van Josef en Maria was meer as net hulle seun. Hy was die vervulling van ’n langverwagte belofte. Dit was die hoogtepunt van Simeon se lewe. Die geboorte van hierdie kind ’n nuwe begin vir tallose mense (2:29-35).



Jesus is die vervulling van God se belofte, ’n Verlosser vir die nasies en ’n lig vir die wêreld. Sy teenwoordigheid verdryf duisternis uit mense se lewens. Vandag bring Hy lewe en lig in jou duisternis. Hy herinner jou daaraan dat jy nooit alleen is nie.







Jesus, dankie vir die lig wat U in my lewe gebring het! Amen.

Kommentaar

Republikein 2025-02-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer