BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Ons is gevind
Lukas 15:20: Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom
Die gelykenisse in Lukas 15 beklemtoon die oënskynlik onbeduidende waarde van dit wat verlore is: een skaap, 'n muntstuk of ’n eiesinnige seun. Die verlore seun het so laag gedaal dat hy uiteindelik varke oppas - ’n taak wat geen Jood sou wou hê nie.
Tog word alles wat verlore is met groot liefde behandel. Terwyl die seun begin bely, val die pa hom in die rede en herstel hom met ’n soen, ’n kleed, ’n ring en skoene - simbole van sy volle herstel as kind.
Charles Spurgeon, die bekende prediker, het beklemtoon dat ’n mens nie hierdie derde gelykenis in isolasie van die eerste twee moet lees nie. As ons dit doen, oorskadu dit die sentrale tema, wat die aktiewe soektog na die verlorenes deur die vader, die herder en die vrou benadruk.
Saam illustreer hierdie gelykenisse een groot waarheid: God soek die mens. Bekering is nie die mens se reis na God nie, maar die resultaat van God se soeke na die mens. Soos Simone Weil gesê het: ‘Die verlore seuns onthou die Vaderhuis die beste.’
Dit maak nie saak hoe ver ons afgedwaal het nie, daar is altyd ’n plek vir ons in God se hart. Dit is in ons verlorenheid dat ons die diepte van God se genade ontdek.
Here, dankie dat daar vir my 'n plek in u hart is. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie