Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 15:29: “Kyk, al die jare werk ek soos ’n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek ’n opdrag van Pa verontagsaam nie.”
Waar kry ons ’n gehoorsamer kind? En tog, toe hy van die veld af by die huis kom en die feesviering hoor, het hy kwaad geword – nie oor onreg nie, maar omdat sy pa goed was. Sy reaksie wys dat hy geen ware verhouding met sy pa gehad het nie. Hy sien homself nie as sy pa se seun nie, maar as ’n slaaf (15:29). Hy het ook geen verhouding met sy broer gehad nie. Hy noem hom nie “my broer” nie, maar as “hierdie seun van Pa” (15:30). Sy klag is in wese: “Ek het ’n partytjie verdien.” Dit weerspieël die jaloesie van Kain (Gen 4), die arbeiders in die wingerd wat gegrief was oor gelyke behandeling vir ander wat korter ure gewerk het (Matt. 20) en Jona se reaksie toe Nineve tot bekering gekom het (Jona 4).
Die ouer broer verteenwoordig die Fariseërs en skrifgeleerdes wat ongelukkig met Jesus was omdat hy sondaars verwelkom het (Lukas 15:1-2). Sommige mense, soos die ouer broer, eis Jesus vir hulself op, maar ontmoedig ander om by Hom te wees – veral die gebrokenes en uitgeworpenes. Hulle weier om fees te vier wanneer sondaars herstel word en staan buite – ontevrede met God se genade. Hulle glo Hy is te genadig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie