Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 3:22: “Daar was ook ’n stem uit die hemel: ‘Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My’.”
Eendag langs die Jordaanrivier het ’n skare saamgedrom om na ’n prediker te luister. Romeinse onderdrukking en swaar belastings was hulle lot. Hulle het na die Messias verlang – God se beloofde verlossing wat vryheid en hoop sou bring.
Onder hulle was Johannes die Doper. Hy roep hulle vurig op tot bekering. Die koms van God se koninkryk is naby. Kan hy die verwagte Messias wees? Toe vind iets buitengewoon plaas. ’n Duif daal neer op een man toe Johannes Hom doop. ’n Stem uit die hemel sê: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.” Op daardie oomblik het dit duidelik geword – Jesus is die Messias.
Michael Wilcock merk op dat in die wêreld vol onrus en onderdrukking, bring God se stem bevryding en hoop. God se stem het die stilte verbreek. Sy vreugde in sy Seun het die afstand tussen hemel en aarde oorbrug. Dit was die begin van Jesus se sending om ware vryheid en verlossing na die wêreld te bring.
Vir die vroeë Christelike gemeenskap, insluitend Lukas se lesers, het hierdie deurslaggewende oomblik hulle hoop laat herleef terwyl hulle op Jesus se wederkoms gewag het.
Die woorde en optrede van Jesus is ’n herinnering dat God se beloftes standvastig is en dat sy redding naby is.
Jesus, ons eer U as God se geliefde Seun. U is gestuur om ons te red en te herstel. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie