No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Lukas 3:21: “Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan. . .”



Hoekom is Jesus gedoop? Johannes se boodskap was duidelik: mense wat tot bekering gekom het, kon die doop tot vergifnis van sondes ontvang.

Jesus het geen sondes gehad nie – hy is die sondelose Seun van God. So hoekom het Hy Homself laat doop?

Jesus is gedoop om sy volkome gehoorsaamheid aan God te toon. Terwyl Hy gedoop is, staan Hy en bid. Dit toon sy totale toewyding aan God se wil. Hierdie gehoorsaamheid word duidelik in die verhaal van Jesus se versoeking in die woestyn (Luk. 4:1-13). Al het die wêreld hom alles gebied, het Hy gekies om God se plan te volg.

Toe Jesus saam met sondaars gedoop is, het hy dit nie gedoen omdat hy gesondig het nie. In plaas daarvan het hy by ons wat deur ons sondes gevange was, kom staan. Jesus het hom volkome met sondaars geïdentifiseer omdat hy sy lewe vir hulle kom gee het. Walter Luthi skryf dat wanneer ons Jesus in dieselfde lyn met sondaars sien staan, ons Hom ook aan die kruis sien.

Sy doop is ’n belofte van vryheid vir ons almal wat vasgevang is in sonde. Jesus het ook so in ons plek kom staan. Nou het ons sy Heilige Gees wat ons harte verander, nuwe lewe gee en ons met vreugde vul!

Kommentaar

Republikein 2025-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!