Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 3:3: “Hy het deur die hele Jordaanstreek gegaan en verkondig: Bekeer julle...”
Die ware verhaal van ’n moedige Poolse meisie tydens die Tweede Wêreldoorlog word in die fliek Hidden in Silence vertel. Dit gaan oor opoffering en hoop. Sy het haar lewe gewaag om verskeie Joodse gesinne vir meer as twee jaar op die solder van haar huis weg te steek. Oorlewing het absolute stilte beteken. Hulle het geëet, geslaap, gebad en sonder ’n geluid aangetrek. In ’n stadium het Nazi-verpleegsters die huis beset. Die spanning was ondraaglik.
Een oggend het alles egter verander. Soldate het opgedaag. Sy het in die loop van ’n soldaat se geweer afgekyk, maar toe besef dat die soldate nie meer Duitsers was nie, maar Poolse soldate. Die nagte van absolute stilte, geheimhouding, spanning en swaarkry was verby. God het hul gebede verhoor! Hy het die hemel oopgeskeur en die stilte verbreek. Hulle was vry! Absolute, uitbundige vreugde was die gevolg.
Voorspoed, gesondheid, ’n florerende gesin of ’n rustige lewe is alles geskenke waarna ons smag. God se grootste geskenk was toe Hy die hemel oopgeskeur en deur sy Seun bevryding van sonde, dood en wanhoop geskenk het. Johannes het hierdie nuwe begin as voorloper van Jesus verkondig. As mense wat hierdie evangelie ken, daag dit ons uit om anders te lewe – gekenmerk deur daaglikse bekering en geloof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie