Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 3:8: “Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. En moenie by julleself sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie.”
Wat is bekering? Sommige mense dink hulle is outomaties Christene net omdat hulle verwant is aan iemand wat Hom ken. Hulle vertel verhale oor hul bekering jare gelede, hul wonderlike Christenouers, of hoe lank hulle die kerk in verskillende posisies gedien het.
Johannes het sulke mense uitgedaag (3:7-8). Hulle wou gedoop word, maar het nie verstaan wat bekering beteken nie. Die doop is nie net ’n seremonie of tradisie nie. Dit was vir die vergifnis van sondes. Dit was ’n teken van God se nuwe begin wat tot lewensverandering lei.
Bekering beteken verandering. Ons kan nie bekering namaak nie. Om ’n masker van bekering te dra is onmoontlik (3:9,17).
Toe Jesus gekom het, het Hy die leuens van ons lewe ontmasker. Die buitekant lyk dalk goed, maar wat regtig saak maak, is ons hele lewe. Wanneer Jesus oordeel, skei Hy die egte van die valse. Op aarde kan ons dalk ander flous, maar ons kan nie die Seun van God flous nie.
Doop en lewensverandering gaan saam. Alhoewel Johannes se doop nog nie Christelike doop was nie, was die doel dieselfde – om te wys op ’n verandering van binne af uit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie