Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 11:13,14: “. . . hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na ’n vaderland.”
Christene het een Vader. Ons is familie. Ons dra almal dieselfde identiteitsdokumente: ons is burgers van die hemel. Dis ons ware bestemming. Die skrywer van Hebreërs herinner ons daaraan dat daar iets beters op ons wag as die ou verbond. Dit sluit ’n beter vaderland in (Hebreërs 11:16).
Vreemdelinge en bywoners was mense sonder sosiale en politieke regte. Paulus, Petrus en die skrywer van Hebreërs gebruik hierdie woorde om te beskryf hoe Christene die wêreld anders beskou (Sien Efesiërs 2:19; 1 Petrus 2:11). Ons weet ons het ’n ander vaderland. Dit pla ons nie as ons regte verloor ter wille van Christus nie. Ons is die Here se mense met ’n beloofde vaderland. Dit inspireer ons om met liefde en hoop te lewe. In plaas daarvan om te kla, deel ons die goeie nuus oor ons ware vaderland.
Daar is egter ’n gevaar. Ons kan na ons ou identiteit en vaderland terug verlang (Hebreërs 11:15). Die teks vra dat ons mense voor ons sal onthou wat soortgelyke gevoelens gehad het en tog getrou aan God gebly het tot die einde toe (Hebreërs 11:13), al het hulle nie die beloftes in hierdie lewe ontvang nie.
Here, help my om te verstaan wat dit beteken om ’n burger van die hemel te wees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie