Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 12:2: “. . . die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.”
Om ’n marathon te hardloop kan lelik skeefloop as jy te veel op jou voete of bene fokus. Volharding, ten spyte van pyn en uitputting, is die sleutel. Ons moet hardloop met die oortuiging dat ons die wedloop sal voltooi.
Manie Malan het geloof beskryf as ’n unieke wedloop wat reeds gewen is; al wat ons hoef te doen is om aan te hou glo in daardie oorwinning. Ons word bemoedig deur ander wat dit reeds voltooi het (Hebreërs 11). Net soos ons ’n sweetpak uittrek voor die wedloop, moet ons ook die gewig van sonde afgooi (12:1). Ons geloofsreis is ’n voortdurende stryd teen sonde.
Die belangrikste is egter om op Jesus in plaas van ons eie beperkings te fokus. In die Griekse taal is dit ’n voortdurende handeling. Hoekom? Omdat sy dood, volharding en oorwinning ons redding verseker het (2:10; 12:2). Jesus se verdienste het die pad na God oopgemaak (10:19) en ons sondes versoen (10:12). Hy het ons laste gedra (2:17,18; 4:15) en het in lyding volhard (12:3). Hy het die wedloop namens ons voltooi. Hy is die outeur en voleinder van ons geloof.
Jesus is meer as net ’n voorbeeld. Hy het ons geloof begin en hardloop tot die einde saam met ons. Fokus op Hom, nie op jou voete of vermoëns nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie