Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Spreuke 25:21: “As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink.”
Christelike liefde is anders as menslike liefde. Ons is geneig om mense wat ons liefhet terug lief te hê. Ons help hulle graag. Wanneer iemand wat jou seergemaak het in die moeilikheid is, is ons dikwels nie so vriendelik nie. Christelike liefde steek grense oor. Paulus verwys na Spreuke 25:21-22 in Romeine 12:20 om te wys hoe Christene lewe. Mense wat verstaan dat God selfs sy vyande vergewe (Romeine 5:6-10) en wat sy genade ervaar het (Romeine 12:1), is anders. Ons wil ander help, want God se liefde het ons oorweldig! Daarom gee ons kos, klere, water en liefde vir hulle wat ons nie kan terugbetaal nie. Jesus leer ons om ook ons vyande lief te hê (Matteus 5:43-48). Mense wat net binne perke liefhet, is soos tollenaars en niegelowiges – mense wat God nie ken nie.
Wanneer ons ander vriendelik behandel, selfs ons vyande, kan dit hulle skaam laat voel ( Spreuke 25:22 ). Dit is dalk een van die beste maniere om vyande in vriende te verander.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie