Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 20:9,10: “Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God.”
Die Sabbatsgebod het nooit net oor ’n dag gegaan nie, maar oor God. Dit het mense se harte, gedagtes en lewens op Hom gefokus. Daarom is daar sekere aspekte van die Sabbat wat ons steeds op ’n Sondag toepas. In die volgende paar dae sal ons op drie van hierdie aspekte fokus.
Allereers onderbreek ons ons daaglikse roetine. Ons neem ’n “time out” vir God en gebruik die dag vir ’n spesifieke doel. Vir Christene is dit ’n geleentheid om die Here te aanbid en sy Woord te hoor. Ons erken dat Hy die sorgende God is wat alles in stand hou. Coenie Burger skryf dat die rusdag ’n belangrike voorsorgmaatreël is wat ons kan help om ons verbintenis met die Here lewend en sterk te hou.
Miskien is die probleme wat ons in ons lewens of in die samelewing ervaar die gevolg van die afname in die viering van Sondag as die Opstandingsdag van die Here.
Sonder om simplisties daaroor te dink, is daar tog ’n verband tussen gereelde aanbidding en ons lewe elke dag. Wanneer ons van God begin vergeet, vergeet ons ook van mekaar. Dan neem bedrog, egbreuk, leuens, moord, gierigheid en diefstal toe. Dan word die kerk net ’n plek vir begrafnisse en troues. Sondag beteken om na God terug te keer!
Here, vergewe ons nalatigheid om tyd vir U te maak. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie