Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 20:11: “Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.”
Nog ’n rede waarom ons Sondae soos ’n sabbat kan vier, is omdat ons die werklike betekenis van die Sabbat vier.
JP Versteeg beklemtoon dat rus verband hou met die bereiking van ’n doel. God rus na die skepping (Genesis 2:2). Na ’n lang reis deur die woestyn word Kanaän die land van rus vir Israel (Josua 1:12-14). Hulle het fisies hulle doel bereik, maar in hulle verhouding met God het hulle geen rus ervaar nie. Die rede is eenvoudig: ware sabbatsrus word slegs bereik wanneer ons die evangelie glo (Heb 4:3-10).
In Matteus 12 sê Jesus dat die Sabbat vir die mens gemaak is, nie die mens vir die Sabbat nie. Direk voor dit verduidelik Jesus wat die Sabbat werklik beteken. Ons bereik ons doel as ons by Hom tot rus kom: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee... Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind...” (Matt 11:28-29).
Ons kan die beste vakansieplanne maak, na eksotiese plekke gaan om te rus, ons Sondae getrou gebruik om kerk toe te gaan, lekker te eet en werklik te rus, maar steeds ware rus misloop. Nee, Ons vier ons verlossing op Sondae: Ons het rus in Jesus!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie