Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 20:8: “Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou.”
Die neiging om Sondag as ’n Sabbat te sien, het daartoe gelei dat sommige mense Sondae slegs vir aanbidding gebruik, terwyl ons die res van die week kan leef soos ons wil.
Ons kan oneerlik in besigheid wees en ons naaste verag, solank ons Sondae in die kerk is.
Ons vier Sondae nie net as ’n dag van aanbidding nie, maar ook as ’n tyd om stil te word en onsself voor te berei vir die week wat voorlê. Hoe vul jy jou Sondag? Nog belangriker, hoe benader jy die week na Sondag? Die Sabbat het ’n doel: om vir die Here te lewe.
Wyle Prof Willie Jonker skryf: “Die vervulde Sabbatsgebod roep Christene tot die heiliging van hulle hele lewe om in die volmaakte rus in te gaan wat in Jesus se versoeningswerk gevind word, en om volkome oor te gee aan die Heilige Gees wat in ons werk – nie net op Sondae nie, maar elke dag van ons lewe, sodat ons die ewige Sabbat selfs in hierdie lewe kan begin ervaar.” Johan Cilliers stem saam wanneer hy sê dat erediens en liturgie nie beperk is tot binne die mure van die kerk nie: “Die seën van Sondag moet uitstraal oor die res van die week, Maandag tot Saterdag, tot in elke sekonde van my lewe en elke duimbreedte van my bestaan.”
Sondae is die afskop vir die lewe in sy diens elke dag!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie