Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 20:13: “Jy mag nie moord pleeg nie.”
Ons kan te veel op die negatiewe aspekte van die gebod fokus. Jesus leer dat ons aktief die siklus van geweld, moord en haat kan verbreek.
’n Ou katkisasieboek vra of ons die gebod gehoorsaam het as ons ons net weerhou van moord? Nee. Terwyl God afguns, haat en woede verbied, beveel Hy ons om ons naaste lief te hê soos onsself. Dit beteken om geduldig, vreedsaam, saggeaard, barmhartig en vriendelik te wees, om skade aan ander te voorkom en om ons vyande goed te behandel.
Die positiewe kant van die sesde gebod sluit liefde, gebed, versoening en nie-vergelding in. Dit verg inspanning. Om bloot skade te vermy, is nie ware liefde nie. Neutraliteit is nie liefde nie.
In die Bergpredikasie beveel Jesus gesindhede wat haat en geweld verwerp. Versoening eerder as om woorde as wapens te gebruik is die regte gesindheid (Matt 5:21-25). Vergelding is nie die antwoord nie. Om die ander wang te draai, maak ons vyande skaam (Matt 5:38-42). In plaas van haat, moet ons ons vyande liefhê en vir hulle bid. Dit weerspieël God se gesindheid (Matteus 5:43–48). As ons ’n konflik met ’n broer het, moet ons eers gaan versoen voordat ons die pad kerk toe vat. Dit is hoe Christene optree in ’n wêreld gevul met haat en geweld.
Gees van God, leer my om lief te hê. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie