Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 9:12: “Met sy eie bloed en nie met dié van bokke en kalwers nie, het Hy net een maal die heiligdom binnegegaan en ’n ewige verlossing tot stand gebring.”
’n Testament kan baie dinge belowe. Jy kan ryk wees in ’n testament, maar jy sal niks kry voordat die persoon wat dit aan jou nagelaat het, doodgaan nie. Dis hoe God se beloftes deur Jesus se dood vir ons waar geword het.
In Jesus het ’n splinternuwe orde tot stand gekom. Die ou stelsel is nutteloos omdat dit ons nie werklik kon red nie. Die aardse heiligdom is vervang deur ’n goddelike een. Daar het ons ewige Hoëpriester, Jesus, ingegaan nie met die bloed van diere nie, maar met sy volmaakte offer. Hierdie daad skenk aan ons ewige verlossing. Die swaar gewig van ons gewete is weggeneem en ons is bevry van die skuld van ons sondes – iets wat diereoffers nooit kon doen nie. Alle sondes – selfs dié wat onder die eerste verbond gepleeg is – word vergewe. Redding is ’n gratis geskenk van God, nie gebaseer op ons dade nie.
In reaksie op hierdie ongelooflike bevryding, word ons geroep om ons weer aan Hom toe te wy (9:14). Sy genade roep ons op om hierdie kosbare geskenk te ontvang. In dankbaarheid kan ons Hom net vir ewig loof omdat hy die mensdom nader aan God gebring het.
Middelaar en Here, dankie dat U die kloof tussen God en mens oorbrug het. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie