Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 10:10: “. . . ons (is) vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.”
In vervolging en vrees het vroeë Christene sekuriteit in die evangelie gevind. Hebreërs beklemtoon dat hulle sondes ten volle vergewe is en dat Jesus vir hulle by God intree (Hebreërs 9:24). Hierdie versekering geld ook vir die toekoms. God se beloftes verseker dit (9:15).
Die sentrale fokus van die gedeelte is die eenmalige en voldoende offer van Christus. Sy offer het sonde eens en vir altyd weggeneem (10:10, 26, 28). Geen verdere offers is nodig nie.
Ten spyte van hierdie duidelike boodskap, voel sommige gelowiges steeds dat hulle vrede met God moet verdien. Nee, Jesus het reeds hierdie vrede deur sy offer bewerkstellig. Ons is vir ewig volkome vry van sonde (10:14).
God het gekies om nie meer aan ons sondes te dink nie. Dit impliseer nie dat God ons sondes vergeet nie. Hy besluit eerder doelbewus om nie by dit stil te staan nie. Die saak is afgehandel. God se besluit om nie aan ons sondes te dink nie beklemtoon die grootheid van sy genade en die versekering van ons verlossing.
Terwyl ons voorberei om Jesus se dood te herdenk, troos die boodskap van sy eens-en-vir-altyd offer ons. Ons hoef nie enige offer vir sonde te bring nie. God het ons ten volle vergewe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie