Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Johannes 20:22: “Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: ‘Ontvang die Heilige Gees!’”
Ná Jesus se opstanding beskryf al vier die evangelies die mense wat Hy van plan is om te stuur as vreesbevange, twyfelagtig, ongelowig en verskrik. Plaas jouself in die skoene van die dissipels wat gevlug het toe Jesus gearresteer is. Nou hoor hulle gerugte van die vroue dat Jesus opgestaan het. Miskien sal die Romeinse owerhede hulle daarvan verdink dat hulle Jesus se liggaam gesteel het.
Skielik staan Jesus tussen hulle en kondig sy vrede aan. Oepke Noordmans beskryf dit as ’n vrede van anderkant die graf. Dis anders as die vrede van die begraafplaas. Dit is die vrede van God, anders as die wêreld s’n (14:27). Dis die vrede van ’n nuwe herstelde verhouding!
Dan blaas Hy op hulle en gee aan hulle die Heilige Gees. Soos God in Genesis 2:7 lewe in die mens geblaas het, gee Hy ook hier ’n nuwe begin vir hulle.
Getuies van die Here kan nie hierdie taak alleen aanpak nie. Ons sal gou moedeloos word. Ons het bomenslike hulp nodig.
Jesus doen dit hier vir die dissipels en doen dit vandag vir jou. Moenie dat jou ontoereikendheid of die mislukkings van gister jou weerhou om sy getuie te wees nie. God het jou vergewe, die verhouding herstel en sal jou toerus.
Gees van God, dankie dat U my toerus vir my taak. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie