Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 10:25: “Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan.”
Ons gaan nie die hemel binne deur kerk by te woon nie, maar mense wat op pad hemel toe is, soek natuurlik die gemeenskap van gelowiges. ’n Gebrek aan betrokkenheid by die geloofsgemeenskap kan lei tot ’n geestelike leegheid. Die gaping tussen kerkloos en godloos is dikwels net ’n kwessie van tyd.
Eredienste speel ’n deurslaggewende rol om God beter te dien. Dit beteken nie dat die huidige vorm van kerk die enigste manier is om te aanbid nie. Terwyl groot byeenkomste en mega-gemeentes algemeen is, is kleiner groepe, Bybelstudies en diensprojekte wesenlik deel van ons lewe voor God. Deur aanbidding, sang en prediking word ons herinner aan God se getrouheid – die Een wat Sy beloftes nakom. Aanbidding leer ons om vas te hou aan hierdie hoop.
Die geleentheid om met God te praat tydens aanbidding is die gevolg van die offer van Christus. Daarom moet ons hierdie voorreg gebruik. Mense in die geloofsgemeenskap moedig mekaar aktief aan om saam te aanbid. Ons verstaan hoe noodsaaklik hierdie aspek van geloof is. Sonder gereelde herinneringe aan God se genade en getrouheid, is dit maklik om hoop te verloor. Dit is hoekom ons mekaar aanspoor om deel te neem, veral terwyl ons wag op die Here se wederkoms.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie