Theresa van Zyl
Theresa van Zyl

Carpe diem. . . gryp elke oomblik voluit vas!

Theresa van Zyl – Ek wonder of jy al voel dat die lente aangebreek het – ook vir jou? En as jy doen, was daar al tyd om jou “Lente Afspraak” na te kom volgens die uitnodiging wat ek laas keer aan jou gerig het? Onthou jy? Hier is hy weer.



Kom saam vanaand na die lentedans, my liefste maat, waarheen ons gevra is – spesiaal –

ek en jy.



Plek: Natuursaal Tyd: Sonsondergang Toegang: Geloof, Hoop en Liefde



As jy nog nie daarby kon uitkom nie, ek verstaan. Dis besig, die lewe is vinnig. En dit beteken glad nie dat dit nie nog kán gebeur nie. Daar is nog baie tyd, die lenteseisoen is steeds aan die begin. So haal asem en weet – jy kan nog steeds jou afspraak in die natuur nakom, iewers met ’n sonsondergang. ’n Afspraak wat jy so nodig het. Jy sal sien, alles gaan net in plek val op die regte tyd – God se Tyd.

En dan, op daardie spesiale vroegaand, wanneer jy in die natuur is met die sonsondergang-kleure in ryke oorvloed om jou en vo?ltjies wat kwetter in die bome in hul einde-van-die-dag-lofsang – dan wéés jy net. Vergeet van jou selfoon, die dinge wat nog wag om gedoen te word.

Dis nou eers jóú tyd. . . En geluk. Jy het dit gedoen, jy het weggebreek uit jou roetine om hierdie afspraak na te kom met die natuur, met jouself en met jou God. Haal diep asem en drink alles omtrent die oomblik in met al jou sintuie. Kyk – werklik kýk om jou, adem die natuurgeure in en luister. Luister na dít wat jou omring, maar luister ook na binne. Bring jou gedagtes tot stilstand en luister na jou hart, luister na God se Hart. Sy Hart vir jou is net goed, want Sy Plan vir jou lewe is ’n goeie plan.

Hy het jou al beplan van voor die grondlegging van die aarde af. Hy is opgewonde oor jou lewe, want nét jy kan jý wees om die unieke doel wat Hy met jou lewe het, uit te voer in Sy koninkryk hier op aarde. En weet – om jou lewensdoel te bereik, is dit so belangrik dat jy getrou bly aan jouself. Moenie iemand anders probeer wees as wie Hy jou gemaak het om te wees nie. Moenie iemand anders se droom vir jou lewe volg nie, volg jou eie. As jy iemand anders se droom vir jou lewe volg, mis jy uit op God se droom vir jou – daardie een wat jy weet asemhaal in die binnekamers van jou siel. Dís wie jy is in jou kern. Dis wie jy moet wees en wie jy moet bly.

En fokus daarop om voluit in die oomblik te lewe. Tydens jou natuurafspraak, maar ook daarna. Wanneer iets spesiaals met jou gebeur, of jy deel is van ’n kosbare oomblik – wat ook al – moenie uit die oomblik terug tree om ’n foto of ’n opname daarvan te maak nie. Leef en beleef die oomblik voluit. Moenie ’n toeskouer word nie, bly ’n aktiewe deelnemer aan daardie oomblik, drink dit in en bêre dit in jou siel. ’n Foto kan nie geruik, gevoel, gehoor word nie.. . Vergeet die neem van ’n foto en gryp elke oomblik met alles in jou aan, beleef en suiwer dit voluit. Lééf jou lewe, moenie dit wegbêre in foto’s vir eendag nie.

Jou lewe kom net een keer, ’n oomblik kom net een keer, voor dit onherroeplik tot die verlede behoort. En onthou – God is in die oomblik teenwoordig, by jou, in dit.

Hy en Sy se?ninge is in die hede, nie in die verlede nie.

Sien uit na jou lewe, jou in-die-oomblik-belewenisse wat vandag begin . . . en jy sal verras staan voor die diepe verryking wat in jou bestaan gaan intree om jou lewe soveel méér te maak as wat dit geword het!

– Gasskrywer

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!