Dag vir elke lang nag
Sê maar net 30 jaar gelede
Pierre Changuion – Gesoute koerantmanne sê verslaggewers sien later nie meer die mooi in die lewe raak nie.
Ek het dié verdoemende uitspraak oor my beroep eers as loutere snert afgelag.
“Ek sal ’n uitsondering op die reël wees,” het ek gedink en my optrede het dié houding vir ’n tyd weerspieël. “Jy is wie jy wil wees en jy word nét wat jy toelaat! ’n Koerant kan jou nie verander nie!” So het ek geredeneer.
Kort voor lank het ek egter besef dat dit makliker gesê as gedaan is om positief te wees wanneer ander se rampe, foute en skandes jou daaglikse brood is. Dit is ook makliker om met die stroom te swem as daarteen. ’n Negatiewe atmosfeer is swaar om teen te beur.
Kort voor lank moes ek erken ek het te gou gepraat en het ek my positiewe woorde van vroeër heel ingesluk. Die lewe was soos een lang nag en ek het begin dink dat die son eers ná die einde van die aarde weer vir my sou skyn.
In ’n stadium het ek amper die handdoek ingegooi en soos Hansie-slim wat óók die wye wêreld ingevaar het, gou-gou na die moederhart teruggehardloop. Op nommer nege-en-negentig het ek egter van plan verander en besluit om liewer die oorlewingstaktieke van gesoute koerantmanne op die proef te stel.
Om te keer dat die swartgalligheid hulle heeltemal oorweldig, kan koerantmanne nie sonder hul ontvlugtinge klaarkom nie. Omdat ek nie meer ’n uitsondering op die reël is nie, het ook ek aan hierdie versoeking begin toegee.
My ontvlugting was om te droom – helder oordag met oop oë. In hierdie drome was ek in ’n ideale wêreld waarin alles mooi is. Die gevolge is dat realiteit my altyd hard aarde toe geruk het en dat die werklikheid haas onverwerkbaar begin word het.
Net die ander dag toe ek weer skaamteloos “indulge” was die ontnugtering ná die wakkerskrik byna te veel om te verwerk. Ek het gedroom van ’n land waarin Muyongo president is en Mudge premier, waarin maatskaplike werkers genoeg betaal word dat hulle nie self welsynshulp nodig het nie, waarin robbe soos ander wild wat te veel word, in vrede gejag kan word en waarin verslaggewers elke tweede naweek vry het.
Uiteraard het die nagmerrie van die werklikheid die bietjie daglig wat oor was, ook begin verdryf. ’n Ander vorm van ontvlugting – daar was baie om van te kies – moes dus uitgetoets word.
Iemand het gesê die wenresep van die lewe en ’n teken van volwassenheid is om te leer om dinge te aanvaar wat jy nie kan verander nie. Ná ’n paar pogings het ek hierin geslaag. Hoewel dit ’n mylpaal was, was ek nog nie tevrede nie. My probleem was nog daar in al sy swartgallige grootsheid. Hierdie taktiek het my egter na ’n oplossing gelei wat tot nou toe goed werk.
Ek het gelees van die seun van ’n huis wat soos ’n slaaf behandel is en boonop kort-kort deur die slavin se seun gepootjie is. Aan die einde van die stuk was dit egter die eienaar se seun wat alles geërf en die nageslag gehad het, terwyl die slavin en haar seun die woestyn ingestuur is.
“Mag dié wat met trane saai, met gejoebel saai,” lees ek verder. “’n Saad moet sterf om nuwe lewe voort te bring...”
Net daar en dan het ek besluit dat elke situasie (en berig) óf ’n positiewe sy het óf aan die einde ten goede sal meewerk. Die kuns is nou om midde-in die negatiewe en obskure van die nuus en die lewe dit raak te sien wat tóg mooi en reg is. Miskien bring hierdie ontvlugting ’n dag vir elke nag tot die Dag van die Dae!
– 25 Oktober 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie