Dakota, dop en genade
Sê maar net 30 jaar gelede
Die noue ontkoming van 14 joernaliste toe hul opgewarmde Dakota (die legendariese Gooney Bird en Vomit Comet) naby Jamba in vlamme neergestort het, het ’n handjievol ou nuusveterane waarskynlik onwillekeurig laat terugdink aan die rowwe dae van die Portugese bosoorloë in die jare sestig.
Toe ’n koerantman van wyn geleef het, omdat dit meer volop was as kos en byna altyd uitgelewer was aan vliegtuie wat hul beste dae gesien het; dokters wat jou met ’n koue oog weekliks teen al die siektes op aarde ingespuit het en vlieëniers wat meer wyn in hul are as bloed gehad het.
Om verslag oor die oorloë in Mosambiek, Angola en Guineë te doen, was elke keer soos ’n ontdekkingsreis. In daardie dae het die Portugese opperbevel onder die hak van Salazar nog nie geglo aan die twyfelagtige beleid van “wen hul harte en hul verstand nie”, eerder aan die slagspreuk van genl. Douglas McArthur, naamlik “if you’ve got them by the balls their hearts and minds will follow”.
Die Portugese het ook, anders as ander militêre instansies wat ek ken, ’n uitstekende begrip gehad vir die behoeftes van ’n militêre korrespondent wat werklik verslag oor die oorlog wou doen en hom nie verlaat het op mediavrystellings en hoorsê in die kroeë van hoofstede soos Luanda en Louenco Marques nie. Hulle het jou ’n kamoefleerpak gegee, ’n G3 (?) en ’n klomp magasyne in jou hand gedruk en gesê: “Jy sal nie hier wees as jy nie weet hoe om dit te gebruik nie. Ons is nie hier om jou op te pas nie, ons het ’n oorlog om te baklei.”
Só was daar tye dat jy moes kies tussen die gebruik van die kamera en die G3. En jy het geleer om lugryloper duisend te word. As daar ’n oop gat in ’n vliegtuig was, het jy ingeklim, gewoonlik ’n Dakota of ’n Fokker. Die aanloopbane in die bos was baie kort en ná ’n paar vlugte het ek agtergekom hoekom die kommando-soldate altyd die teken van die kruis maak voor ons opstyg. Die bome is gewoonlik rakelings gemis en van al wat ’n blaar was gestroop. Takke het lui-lui aarde toe geval.
Dan het die Dakota weer in die tropiese reën staan en skrop, soos ’n haan voor hy ’n hen aanpak. Dan laat waai die vlieënier en die modder spat só teen die windskerm dat hy blind vlieg. Maar vlieg vlieg hy. Dit het meer as een keer op Tete gebeur waar die Zambezirivier sowat ’n myl breed aan die einde van die kort aanloopbaan gelê het.
Dan was daar Vila Cabral, naby die Tanzaniese grens, met sy godverlate aanloopbaan. Ek het daardie dag besluit om laaste in die swart Dakota met die Portugese kruise op die vlerke te klim. Dis toe ek nog so staan en huiwer dat die bom in die stert ontplof en twee soldate se ledemate die lug in slinger. Die werk van ’n Frelimo-agent, sê ’n luitenant terwyl ons die bloed van ons gesigte afvee.
Dan was daar ook die Dakota-vlieënier wat sy eie voorraad rooi wyn gehad en saans klokslag deur sy mede-vlieënier in die bed gesit moes word. En soggens skepties aan ons gesê het: “Ek weet nie of ek vanoggend dié ding in die lug gaan kry nie!” Dis toe ek geleer het om self die teken van die kruis te maak, net om hom te help.
– 7 September 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie