Dalk nie die regte tyd nie
Leandrea Mouers
Dit het behoorlik verlede naweek op Walvisbaai gegons oor al die aktiwiteite wat plaasgevind het.
Die Willi Probst Boulevard Café het hul 65ste bestaansjaar gevier en die NG Moedergemeente hul 70ste verjaardag, maar die hoogtepunt van die naweek was die Kudu Rugby Klub se tuis semifinaal.
Vir die eerste keer in die geskiedenis van Namibiese rugby het ’n Namibiese Rugby Unie (NRU) premierliga-semifinaal in Walvisbaai plaasgevind, wat Kudu Rugby Klub se tuisgronde is.
Semifinale vind gewoonlik in Windhoek plaas, dit is hoekom hierdie geleentheid so spesiaal was.
Namibia Media Holdings was ook deel van hierdie historiese oomblik en het regstreeks via die Erongo Facebook-blad (hoewel die internet my ’n verskriklike hoofpyn gegee het) uitgesaai.
Nietemin het die Kudu-manne hul harte op daardie veld uitgespeel. Die suidweste wind het geloei, ons was onder die sand, dit was koud, maar die toeskouers het opgedaag en die spelers aangemoedig. Ons almal het die wedstryd gaan kyk met die hoop dat hulle sal wen.
Die besoekers, die Universiteit van Namibië, het op die ou einde met 23 – 18 die oorhand gekry. Dit was ’n naelbyter.
Ná die wedstryd is ’n paar vuishoue uitgedeel, maar jy moes daar gewees het om die intense emosie van die wedstryd te beleef.
Ons vriend en kollega, Donovan Paulse, gaan loer toe by die kleedkamer in om te hoor hoe dit met die manne gaan.
Hy kom vertel ons, dit is baie emosioneel daar binne en hy het vir hulle gebid. Hy vertel ook dat die afrigter vir hulle gesê het ons almal het gehoop en hard gewerk om ’n plek in die finaal te bespreek. Ons almal het gedink die tyd is nou, maar as dit nie nou gebeur nie, is dit nie ons tyd nie.
Die feit dat hy sê, dit is nie nou ons tyd nie, het my hard getref, want hoeveel van ons kyk in ’n toe deur vas?
Ja, ek weet ’n mens werk hard, jy sit ure in vir daardie bevordering, vir daardie projek om van die grond af te kom, net om in ’n toe deur vas te loop. Ek was al ’n paar keer daar, dan huil ek en gooi “pity parties”, maar dan is dit eenvoudig net nie my tyd nie.
Dalk kort ek nog bietjie skaaf- en skuurwerk voordat ek in daardie seisoen van my lewe kan instap.
Die Liewe Heer – in Jeremia 29 vers 11 – maak ’n belofte aan ons, waar Hy sê. “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting.”
Dis ’n belofte.
Dit behoort meer as genoeg vir ons te wees.
So hoekom staar ons na ’n toe deur?
Dalk is daardie deur nie eens vir jou bedoel nie. Dalk is daar iets beter, iets groter, iets met meer trefkrag wat vir jou wag.
Ek gaan van nou af met ’n ander oog na toe deure kyk, en in hoopvolle afwagting wees vir my iets beter, groter of mooier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie