Dankie vir dié wat wil
Sê maar net 30 jaar gelede
Gene Travers – Ek sit Saterdag vir nagenoeg twee ure lank en kyk hoe Eddie Holloway, Ben Vermaak en Toeks Schultz aan ons private klub se nuwe kroegtoonbank werk.
Dit was asof daar ’n soort van ’n bondgenootskap tussen die drie manne bestaan het wat die res van die wêreld om hulle vir ’n wyle afgesny het. Hulle het gemeet en gepas, gesaag en geskuur, vir mekaar gereedskap aangegee, ligte geïnstalleer en fyn afrondingswerk gedoen. Dit wou vir my voorkom asof hulle net soveel plesier put uit die werk waarmee hulle besig was, as wat dit vir my ’n plesier was om hulle dop te hou.
Nie een van die drie manne is vakmanne nie. Die een is ’n vlieënier en sakeman, die ander ’n polisieman en die ander ’n geneesheer, maar ek daag enige persoon wat homself as ’n vakman beskou, om na die eindproduk van hul werk te kom kyk. Ek glo dat die toonbank maklik een van die mooiste in die land is en met die beste in selfs die luukste hotelle van die land vergelyk.
Vir my was dit ’n belewenis om net na hulle te kyk en my in hul arbeid te verlustig, want ek weet dat ware vakmanskap, professionalisme en diens in Namibië stadig besig is om te kwyn en verdwyn.
Dit is asof vakmanne en diensleweraars nie meer trots op hul werk is nie en ’n houding van “take it or leave it” ingeslaan het.
By sekere motorherstelplekke werk vakleerlinge agter in die werkplaas aan jou motor. Dan moet jy voor by die ontvangstoonbank vir ’n vakman se werk betaal.
Diens by sekere restaurante en hotelle neem daagliks af en dit is glad nie snaaks om in ’n supermark by ’n betaalpunt te moet staan en wag vir die kassier om met die kassier langsaan klaar te klets oor die vorige aand se partytjie nie. En dit nadat jy reeds ’n ewigheid in ’n tou op jou beurt gewag het.
Mynwerkers staak terwyl duisende mense op straat sonder werk sit en nie weet waar die volgende bord kos vandaan gaan kom nie.
’n Bouaannemer, wat nogal adverteer dat hy dié soort werk doen, bied aan om vir jou ’n stuk werk te doen op voorwaarde dat jy die materiaal en vervoer self verskaf en dan verwag hy boonop dat jy gereedskap vir hom moet koop en die helfde van die geld moet voorskiet.
Nou weet ek nie of die private sektor sy leiding by die regering neem en of dit maar net ’n algemene laksheid is wat oor die land toegesak het nie.
’n Mens kan maar net dankie sê vir dié mense en instansies wat nog trots op hul werk is en bereid is om diens te lewer.
Rupert Prenn sê vir my toe sy restaurant se kombuis nou onlangs afgebrand het, was die brandweer so vinnig daar, dat hy dieselfde aand nog sy biefstukke “medium to rare” kom bedien.
– 24 November 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie