Die baba in die gimnasium
Gerhardus van Grootfontein
Ek was vanoggend weer besig om te swoeg, te sweet en te spoeg op die oefenapparate van die biokinetikus. Oefen kom nie vir my natuurlik nie. Inteendeel voel dit soms soos ‘n Middeleeuse martelspel – ek voel die druk om ‘n geheim te verklap op ‘n oefenfiets. Spaanse Inkwisisie!
Tussen die marteltoestelle, pompende doef-doef musiek en die Crossfit-beeldmateriaal op die gimnasiumtelevisie, stap die biokinetikus met sy pap babatjie tussen die gedrewe en gefokusde ‘gymbuddies’ deur. In Pappa se arms, met ‘n opkrul-lippie en skitterende ogies, versag die kleinmensie die hele atmosfeer. Die onskuld van die baba smelt die dryf van menswees in die omgewing van sweet en metaal. Hierdie einste sweet en metaal is die aanloopbaan vir ons persoonlike doelwitte. Dit geld nie net in die gimnasium nie, maar in die alledaagse lewe. Sukses verg sweet en staal. ‘n Babatjie benodig liefde.
Ons as mensekinders streef na sukses. Sukses kom in verskeie vorms voor: finansieel, fisiek, opvoeding, verhoudings, families, ens. Baie van die onderliggende dryfvere van suskses is om op ‘n plek van minimale kommer te kom. ‘n Toestand van sorgloosheid. Tog, as babas betree ons die wêreld as sorglose wesens en word groot as volwassenses wat met daaglikse eise en uitdagings gekonfronteer word. Ons wil in hierdie volwasse wêreld aktualiseer. Selfhelpboeke en suksesverhale meen dat aktualisering met konstante werk en insette gebeur. Ek is ‘n voorstaander daarvan om konstante eienaarskap van jou lewe en keuses te neem en soveel beheer as moontlik uit te oefen. Hierdie benadering is meeste van die tyd effektief, maar soms ongelooflik uitputtend. So uitputtend soos ‘n oefenfiets! Die gevolgtrekking is dat ‘n ‘goeie’ of suksesvolle lewe met ‘n prys kom. Ons verruil ons sorgloosheid.
Sorgloosheid word vervang met kroniese stres, angs, begrotings en opoffering. Is hierdie wyse van leef natuurlik vir die mens? Wel, Kinsey Jackson verduidelik in haar artikel, Die Evolusie van Stres, dat ons grotouers nie dieselfde tipe stres as ons beleef het nie. Ons voorsate, met hulle knubbels en diervelle, het kortstondige akute stres beleef wanneer hulle lewens ingevaar was of wanneer hulle voedsel in gedrang was. Inteenstelling beleef ons langtermyn stres en dit word deel van ons alledaagse lewens. Dus ly ons aan siektes en kwale wat ons lewenskwaliteit belemmer. Ons is permanent besig om te sweet op ‘n metaforiese oefenfiets. Met al ons tegnologiese vooruitgang en kitsoplossings vir alles het ons in terme van sorgloosheid verarm.
Die realiteit van die saak is dat ons leefwyses oor duisende jare gevorm is en dat dit nie vining in trurat gaan keer nie. Ons is gevangenes in ons eie gimnasiums. Die ligpunt is dat ons almal op ‘n tyd babas was. Al beskik ons nie meer oor onskuld en sorgloosheid nie, ken ons dit. Ons kan dit herwin en moet dit doen vir ons geestelike gesondheid. Daar is ‘n hele paar wyses hoe om die baba in jou gimnasium te herontdek. Dit verg ‘n bietjie aanlyn navorsing om jou baba-self te vind. Elke individu se behoeftes is uniek. ‘n Paar gedagtes van ‘n gesondheidswebwerf sluit in: omring jouself met geselskap wat die kinderlikheid in jou uitbring; doen moeite om fisiese kontak te hê; luister musiek wat jou gelukkig maak. Sorgloosheid kan op vele maniere ervaar word. Klim van die oefenfiets af en fokus doelbewus op sorgloosheid. Maak dit ‘n prioriteit. Net oomblikke elke dag. Gun dit vir die baba in jou gimnasium. - gasskrywer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie