Die begrafnis wat nooit was nie
Ek het meer as ’n jaar gelede ’n sening in my toon geskeur. Dit gebeur glo wanneer ’n mens ouer word. Dit was die toon langs die groottoon en soos dit nou maar met tone is, gee niemand regtig aandag aan hulle nie.
Ja, hy was vir ’n paar maande nou en dan seer, maar wat kan ’n mens dan maak – dit is net ’n toon. Hy het opgehou pyn en ek het weer eens van hom vergeet.
Die toon het egter ander planne gehad en besluit hy is lus om krom te trek; en hy het die daad by die woord gevoeg.
Dit was naderhand so erg dat ek nie meer toeskoene kon dra nie. Wanneer ek in die sand geloop het, het net vier tone ’n afdruk gelos omdat dié meneer in die lug gestaan het.
Hy het later begin pyn en die besluit is gemaak om hom reguit te laat maak. Ek lyk nou nie soos ’n model nie, maar met die nuwe voetmodelle op sosiale media weet ’n mens nooit wanneer die kans sy opwagting gaan maak nie.
Julle het seker al van daai foto’s gesien. Die twee voete wat op die strand loop, in water is of op vakansie met een of ander agtergrond is.
Van daardie mense maak glo baie geld met die voetfoto’s en die ekonomie druk mos nou maar deesdae almal.
So die toon moet reguit. Die operasie is gedoen en toe ek wakker word, steek daar wat lyk soos ’n hekelpen uit my toon uit om hom reguit te kan hou. Die toon is ook ietwat donkerblou.
My toon se herstel het probleme ervaar en hy het sondermeer oor die volgende paar dae die stille dood gesterf. Geen pyn of ’n gegroet van enige aard nie.
So minder as ’n week later is hy geamputeer en ek het almal – van die spesialis tot die suster wat my in die teater ingestoot het – gevra of ek my toon kan kry. Almal het egter eers vir my gekyk of ek totaal gek is en toe net gesê dit is mediese afval wat verbrand moet word.
Sjoe, ek weet hy is dood, maar om hom sommer afval te noem, was bietjie erg. Hy was immers nog aan my voet vas.
Ek het ’n kampnaweek ’n paar weke ná die operasie gereël sodat ek behoorlik van my toon kan afskeid neem. Nou het ek nie die toon gekry nie, maar ek sal nog steeds gaan kamp en maak asof ek afskeid neem.
Ek dink dit sou baie snaaks wees as daar oor etlike jare een of ander argeoloog in die sand grawe en op een toon afkom.
Ek wou egter nie net mense in die toekoms laat kopkrap nie en wou regtig die toon begrawe omdat dit die eerste deel van my is wat ek vooruit stuur om die baan te weg vir die res van my.
Dit is ook ’n stuk van my wat nou weg is. Al mis ek hom nie, was hy immers deel van my, en nou word hy net as mediese afval saam met ander afval in ’n sak gegooi en in ’n oond verbrand.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie