Die beste lê nog voor
Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer elke dag soos die langste en besigste week van jou lewe voel.
En namate die jaar op ’n afdraande pad is na Desember, begin die matrieks ook in die sosiale media wys hoe hulle vir die eindeksamen voorberei.
Sê en doen is twee verskillende dinge, so ek kan maar net hoop dat vanjaar se matrieks bietjie meer werk insit as wat ek het.
Nietemin sal daar ongetwyfeld ’n paar wees wat uitslae gaan kry wat hulle liewer nie wou gehad het nie en ek wag op die impak van wat baie matrikulante sal doen nadat daardie uitslae vrygestel is.
Ek het ook in matriek geglo ek sal myself tot die ergste moet wend indien ek nie deurkom nie, en het sommer ook geglo dat ek dit nie gaan maak nie.
Die feit dat my skoolhoof ’n ouer vriendin van my in soveel woorde ingelig het dat ek dit nie sou maak nie en aan die einde van matriek maar weer vir matriek sou moes registreer, het nie veel gehelp nie.
As ou juffrou September maar net geweet het dat sy hier met ’n hardkoppige kind te doen het sou sy dalk anders oor die saak gedink het, maar sy het nie. So nou sê ek met ’n geruste hart, vatso juffrou, jy het nog niks gesien nie.
Ek het toe matriek geslaag, ten spyte van al die vrae en teenkanting van die skoolhoof en ’n paar onderwysers en die volgende jaar in Februarie het ek ook geregistreer om joernalistiek te swot.
Die droom om ’n joernalis te word het toe reeds jare in my kop gebroei en dit het in daardie ellelange ry gevoel asof ek net wag dat my droom waar word.
’n Paar maande later het hierdie droom in duie gestort toe NSFAF ’n lys so lank soos die registrasiery uitreik en my naam is nie op die lys nie.
My ouers se totale inkomste in daardie stadium was N$0,00, so ek kon nie gaan bakhand staan by ma en pa nie – hoe nou gemaak? Waar gaan ek nou met my droom?
Ek het daardie aand gevoel hoe my siel in stukke breek en die volgende oggend opgestaan met nóg meer vrae en ’n kennisgewing op my foon wat sê “1 Missed Call; Leandrea Louw”.
As jy gereeld Republikein lees mag jy hierdie naam dalk herken as die sprankelende en spontane vrou wat brokkies nuus van Walvisbaai deel, maar in daardie stadium was sy Leandrea – die koördineerder van my skoolkoerant en die rede hoekom ek in die eerste plek geglo het ek kan ’n joernalis word.
Toe ek terugbel, het Leandrea nie tyd gehad om na my NSFAF-treurverhaal te luister nie. Sy spring sommer weg deur te verduidelik hulle het ’n vakante internskap en ek sou die perfekte kandidaat wees, maar ek sal my studies moes los.
“Nogal snaaks dat jy die studies noem, Leandrea. . .”
Net meer as ’n maand later is ek terug in my tuisdorp, Swakopmund, en meld aan vir die eerste dag by my eerste werk. Dis nou vyf jaar later en ek staan elke oggend op vir die werk waarvan die meisie in die universiteit se ry van gedroom het.
Leandrea het sommer net Lea geword en die Facebook-herinneringe van duinklim om programme op te neem en die voorbladstories oor die jare verskyn nog gereeld – die beste deel van my lewe het ná matriek gekom.
Dit eindig nie in daardie eksamenlokaal nie en wat het jou wiskundepunte in elk geval met enigiets te doen?
’n Skool se gange kan maklik ’n eggokamer word en wanneer jy nog minderjarig is sal die wêreld jou nie glo as jy sê jy weet wat jy wil hê nie, maar as jy eers weet wie jy wil wees maak dit nie saak of jou skoolhoof in jou glo nie.
Jou lewe begin werklik eers wanneer jy jou rug vir die laaste keer op daardie eksamenlokaal draai – hoekom dit kortknip nog voor dit werklik kon begin?
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie