Die bibberkoue laat my in koue sweet uitslaan
Hierdie erge koue is besig om my onder te kry. Hoe kan een mens só koud kry?
Dit is seker karma wat my inhaal. Ek het altyd gelag as my ma gesê het sy kry koud en dan was dit net 20 grade Celsius. Ek is nie baie ver van dié teiken af nie.
My kinders lag al as ek sê ek kry koud. Dan loop hulle nog met T-hemde en kortbroeke rond, en ek het drie stelle klere oormekaar aan.
’n Kollega skryf ander dag in ’n WhatsApp-boodskap die koue is in mens se gebeendere. Ek wil vir jou sê, ek stem 200% met haar saam. Dit voel of die koue van binne af kom. Dit help nie ek trek tien stelle klere aan of sit vyf komberse bo-op my nie, ek kry nóg stééds koud.
By die werk gaan dit nie veel beter nie. Ek sit naby ’n deur wat redelik gereeld gebruik word. Ek het al gedink om ’n verwarmer saam te bring, maar hoe sal dit lyk? Nou maak ek maar my bene met ’n “kniekombersie” toe. Ja-ja, dit lyk seker nóg erger, maar ten minste is my bene warm.
Moenie eens van die aande praat nie. Ek trek lang pajamas aan met nog twee truie bo-oor; moenie van die sokkies vergeet nie. En dan bibber ek nog steeds. Dit is dié tyd wanneer die koue in my gebeendere die ergste is. Daar waar jy lê en aan niks anders as die koue kan dink nie. Dít gebeur gewoonlik net as jy iewers pyn het, veral tandpyn.
Ek het verlede week twee sulke aande beleef, waar ek net nie aan die slaap kon raak nie, want die koue het al my sintuie oorheers. ’n Vriend stel toe voor ek moet ’n warmwatersak gebruik. Ek het eers gedink ek sal daarsonder kan klaarkom, maar ná ’n uur of langer van koudkry, het ek beslis van gedagte verander.
Ek moes eers die warmwatersak in die kombuiskas gaan uitkrap. Hy was díép agterin gebêre. Dis moes net ouvrouens wat sulke goed gebruik; of so het ek my hele lewe lank gedink. Ek het dit een keer gekoop. . . kan wraggies nie meer onthou hoekom nie. Ek was net bly om een in my kas te ontdek; dat ek die wysheid gehad het om een te koop.
Ek het die sak met warm water gevul en amper bed toe gehardloop.
Ek onthou toe nog raad wat ek gekry het. Sit die warmwatersak vir so rukkie daar waar jou boude is. Dit werk amper soos ’n warmkombers. Ek het gesê “amper”. Dink so daaraan, dis beslis beter as niks nie. Dan moet jy die sak stelselmatig na jou voete toe afskuif, tot jy warm is.
Met die dat ek sokkies dra, kry my voete nie rêrig koud nie, maar my rug is die probleem. Wat ek deesdae doen, is ek druk die warmwatersak tussen my lae klere in en slaap die hele nag so. Ek het die ander oggend wakker geword en nog in dieselfde posisie gelê. Dit het nou wel gevoel of iemand my ’n “lammie” op my boud gegee het, maar ten minste het ek nie koud gekry nie.
Dus is die “moral of the story” as jy nie ’n warmkombers of verwarmer het nie, of nie die elektrisiteit kan bekostig om dié twee toestelle die hele aand aan te skakel nie, kry net ’n warmwatersak.
Voor my “eksperiment” was ek ’n ongelowige Thomas. Maar glo my, dit werk soos ’n bom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie