Wiesie Kotzé
Wiesie Kotzé

Die biblioteek aan die eindpunt van Namibië

Wiesie Kotzé – Ek hou nou al jare lank die gesondheid van die literêre wêreld om my dop.

In my tuisdorp in Suid-Afrika het die enigste boekwinkel in die hoofwinkelsentrum gesluit en plek vir ’n Puma-klerewinkel gemaak. Eers jare later in die buitewyke van die inkopiedistrik (waar die huur sekerlik ook meer bekostigbaar was) het daar weer ’n boekwinkel oopgemaak. Dit bekommer my hoe die entoesiasme vir geskrewe en hardekopie-literatuur besig is om te taan.

In ’n wêreld waar boekwinkels toemaak en biblioteke besig is om uit te sterf, wil ek graag vir julle die volgende storie vertel.

In Katima Mulilo het ek een dag toevallig by die dorpsbiblioteek beland en die vriendelike personeellede ontmoet. Hulle het my trots ’n toer van die biblioteek aangebied en hulle tasbare entoesiasme vir hulle taak was aansteeklik. Hulle het beperkte boekversamelings tot hul beskikking, maar die entoesiasme waarmee daardie kleiner biblioteek bestuur word, was sigbaar in hul studie-areas vir volwassenes en die kleurvolle kinderafdeling wat met opvoedkundige plakkate uitgevoer was.

Langs die biblioteek het daar ook in die laaste paar jaar ’n Katima Mulilo-museum tot stand gekom.

Skoolvakansies tydens my kinderjare het bestaan uit besoeke aan biblioteke en museums en as museumliefhebber het die Katima-museum en die entoesiasme van die museum se personneellede my oorrompel.

In die lig van daardie entoesiasme vir literêre werke, wil ek vir julle meer vertel oor die gebou in Ngoma, sowat ’n uur se ry vanaf Katima Mulilo. Op die grens na Botswana naby Kasane staan ’n gebou. Dit behoort aan die ministerie van onderwys. Dit is onlangs klaar gebou en is groot en ruim.

Geboue naby grensoorgange (dis gewoonlik ver weg van die naaste groot nedersetting) en geboue wat van boorgate afhanklik is, het tipies die volgende probleme – fisieke instandhouding.

Die gebou is ontwerp om relatiewe lae instandhouding te hê, dus staan dit dalk ’n kans vir ’n toekoms. Dit benodig net gereelde skoonmaak teen die aanslae van die natuur rondom dit. Katima se omgewing het heelwat natuur om ’n gebou te bied.

Ons het onlangs die gebou besoek om te sien of die laaste werk voltooi is. Groot sale vir uitleenboeke, naslaanboeke, ’n kinderafdeling en ja, ek glo daar kan eendag dalk ook tegnologie as deel van die aanbod wees. ’n Saal vir funksies of skoolkonserte is ook gebou. In ’n gebied waar, soos baie ander in Namibië, die skoolkinders vir kilometers tussen huis en skool moet stap. Hierdie gebou moet nog in gebruik geneem word, dit moet boeke kry en toerusting.

Die ministerie noem dit ’n gemeenskaps-, leer- en ontwikkelingsentrum. Die plan was ’n paar jaar gelede dat sulke sentrums landswyd in afgeleë gebiede opgerig sou word.

Ek bid vir die nodige administratiewe ondersteuning vir hierdie wonderlike gebou vol potensiaal en ongelooflike moontlikhede. Vir die regte leiding en ervare biblioteekbestuur, iemand wat die omgewing en die mense verstaan, maar ook die fondse en die entoesiasme om hierdie gebou ten volle te laat blom in die gemeenskap waarin dit staan.

Ek verstaan dat die poste vir hierdie gebou nog uitgeskryf en geadverteer moet word. Mag die regte mense op die regte tyd by daardie gebou werk. Tot seën vir die gemeenskap rondom. Met liefde, van Wiesie.

– Gasskrywer

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!