Die brommers in ons boord
Die wind ritsel sag deur die blare van die bekende boompie waar mens op Spreetshoogte kilometers en kilometers terug in die verlede in, of die toekoms binne kan dwaal.
Afgesonder in die grenslose ruimte van individuele en kollektiewe haarspan.
Die verbyswoesj van medereisigers se motors, nu en dan, is bloot veraf subteks in die film se klankbaan.
‘n Arend draai hoog bo op die doek van arktiese blou ...
Die-die-die-diet, die-die-die-diet, die-die-die-diet, die-die-die-diet ...
Jy het tien nuwe boodskappe op WhatsApp, 13 op Telegram en een nuwe SMS, brom jou selfoon.
Een ding wat die mens al hoe moeiliker regkry – maar vir sy oorlewing weer dringend sal moet leer – is om af te skakel.
Om afstand van dié oorweldigende gebrom en gedruis te neem wat genadeloos in elke fasset van ons lewens insny.
Die 21ste eeuse Babelse verwarring was die eerste golf van die vierde nywerheidsomwenteling.
Waarby wyle Hennie Aucamp se beeld van ‘n brommer in die boord, die naam van sy Afrikaanse kabaret uit 1990 (die jaar van die Namibiese republiek se geboorte), so mooi aansluit.
In die werksplek, selfs in skep en skryf, is daar deesdae ook ‘n “bot”, soos in robot, in ons boord. Die tegnologie wat die sinne in jou e-pos vooruit bedink terwyl jou vingers nog op die rekenaar se klawers na jou gedagtes soek, is maar net een voorbeeld hiervan.
By die skrywe moes daar gou weer vlugtig na Aucamp se besondere lewe en werk geloer word. Met die hulp van ‘n brommer uit dieselfde boord.
Vir interessantheid: prof. Hennie het nooit op ‘n rekenaar of selfs tikmasjien geskryf nie. Al 72 werke uit sy pen is met die hand neergegriffel.
Hierdie plaasseun uit die Stormberge; naas skrywer, digter, liedjieskrywer, dramaturg en resensent ook onderwyser en opvoedkundige, het onder andere ook veral belanggestel in die San as Afrika en die wêreld se oerinwoners en die spore van hul baanbrekersbestaan.
Hendrik Christoffel Lourens Aucamp het ook wyd in Namibië gereis. En behalwe vir sy vaderland ook in Europa, Engeland, België en New York.
Nou kan ons nog makliker byna elke bestemming op die aardbol, en selfs die ruimte ontdek, prof. Hennie. Sonder om ‘n voet te versit.
[Stof tot nadenke en ‘n plaaslike nota oor die kunstenaar en akademikus:
In 2014, die jaar waarin hy vir laas gegroet het, het Aucamp op sy 80ste verjaardag opgemerk dat hy eintlik van plan was om Tafelberg op dié mylpaaldag in sy lewe te klim.
Die kabaret Die lewe is ‘n grenshotel, met kommentaar oor die grensoorlog, is die heel eerste keer in 1979 in Windhoek op die planke gebring.]
Hoekom die brommer?
Dis simbool vir iets wat as ‘n lastigheid ervaar word. ‘n Pes wat ons met vlieëplak en insekdoder wil uitroei.
In die uitwissingsdrang vergeet ons dat die brommer, letterlik en figuurlik, ‘n baie belangrike rol speel. Buiten om op die teenwoordigheid, en die gevaar van dood en verrotting te dui.
Die brommer is ook ‘n bestuiwer en nektar-eter.
Natuurlik leef ons ook nie almal in presies dieselfde boorde nie. Die een se brommer kan boonop ‘n ander se heuningby, swaeltjie of ander gevlerkte wees.
Moet dus nie te vinnig ‘n doodveeg uitdeel wanneer ‘n onbekende brommer vir ‘n oomblik op jou bord se rant neerstryk nie? Of deur jou boord zoem nie.
In 2016 is akademiese navorsing gepubliseer wat bevind het dat brommers as dit saam met ander vlieë en bye gebruik word die oes uit ‘n mangoboord verbeter het, beide wat die aantal en grootte van die vrugte betref.
Zzzzzzzzzzz.
Stap een is om bewus van die brommers in jou boord en hul betekenis te wees.
Eers dan kan jy weet hoe om hulle positief in te span, of wanneer jy maar die ore moet toedruk. Want brommers sal daar altyd in elke boord wees.
Sit dus maar byvoorbeeld die telefoon se roepstemmetjies af wanneer jy ‘n spreetshoogte-oomblik benodig.
Skakel jou data af.
Druk die afknop.
Of los hom tuis.
Verbeel jou net ...

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie