Die een kans op ouerskap
Ek stap onlangs by die kantoor is met ’n boks rice krispies. ’n Kollega reken dis middagete. ’n Ander sê dis vir die seuntjies. Maar die eerste kollega weet ons is ’n (semi-) suikervrye huishouding.
Ek laat weet hulle dis weer tyd vir koekverkoping by die skool; en dan moet ek uithaal en wys.
“Waar kry jy die tyd,” vra die eerste kollega. Die realiteit. In die middernagtelike ure; want dis die ma wat ek nog altyd wou wees. Die een wat uithaal en wys as dit tyd is vir koekverkoping. Die kombuis-ma. Wat goed gaan probeer tot dit reg is. Ek is ook die maak-jou-eie-kostuum-ma, want hoe moeilik kan dit nou wees.
Nou gaan ek bieg. Die oudste se koekverkoping was ’n ramp. Dit was net na ons ons president gegroet het. Ons was moeg, uitgeput en emosioneel. Die ander werk het nie opgehou nie en tussenin het ons nog ons eie glansgeleentheid vir ons televisiestasie gehad. En ek is ’n kombuis-ma. Wat tussendeur dit alles nie net ’n nuwe resep wil probeer nie, maar ook ’n nuwe metode. Want ek kan. Of so dink ek.
My opgewondenheid oor die beloofde eindproduk het my egter van basiese wetenskaplike reaksies laat vergeet. Maak ’n beslag aan, deel dit, kleur dit en vries dit om die beurt in silikoonhouers wat soos Lego lyk. Elke uur en ’n half dop ek die gevriesde beslag uit en maak dit weer vol. Ek pak die gevriesde Lego-beslag op die bakplaat en gooi die res van die beslag oor en bak dit in die oond. Tussen in word my hare gedraai en my grimering gedoen. Die kinders soek iets om aan te peusel.
Toe daai koek uit die oond kom en ek opgewonde na my meesterstuk wou kyk, was ek redelik geskok. Die “Lego-stukke” het net langwerpige blokke geword en was nog nie heel gaar nie – logies, want dit was gevries.
Maar Hammelie het kom help en gered wat gered kon word en die kinders het die volgende dag heerlik aan ’n suikergevulde stukkie koek gesmul, want truth be told, dis al wat dit vir hulle is.
Iemand sê nou die dag op sosiale media dat ons dankbaar moet wees vir wat ons nou het, want eens op ’n tyd was dit vir ons ons grootste droom. Om kinders te hê was myne. Dit en ’n paar ander goed. Is ouerskap presies wat ek gedink het dit gaan wees? Nie eens amper nie. Maar ek is daagliks dankbaar dat ek met my eie lyf (en ’n handvol pille) iets kon skep wat vier jaar later kan terugpraat en ’n houding het.
En daarom moet ek die ma wees wat ek tien jaar terug wou wees, nog voor ek begryp het wat ouerskap is. Want die waarheid is, ons het hierdie een kans. Want môre, ja letterlik môre, is hulle ouer. En voor jy jou oë uitvee is hulle 5 en 12 en 18 en 26. So nou gaan ek myself weer in die kombuis bevind.
Maar hierdie keer is ek meer voorbereid. Die plan is om marshmallows te smelt en die rice krispies in silikoonvorms van hondepote te sit, daar is ewe plek vir ’n roomysstokkie om in te pas. Regtig. Wat kan verkeerd gaan?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie