Die fyn kuns van sente afknyp
Elke jaar met begrotingstyd is ek bitter bly ek is nie die minister van finansies nie.
En ná die nuus dat daar vanjaar geen sensus gaan wees nie, het Dapperrerige Daniëltjie ewe veel simpatie met onse statistikus-generaal. Soos met die onderwys-, gesondheid- en ‘n hele lot ander ministers.
Om nie dollars vir ‘n volkstelling opsy te sit nie is amper ewe erg as om ‘n verkiesing weens geldnood uit te stel? En Covid-19 kan nie meer die skuld kry nie.
Skadeloosstelling: Agbare Shiimi, hooggeleerde Shimuafeni en elke leser, die uwe gaan hier mymer van waar ons dalk ‘n halfmiljard (of meer) bymekaar sou kon skraap, maar gee hom nié as meester van die fyn kuns van ekonomie uit nie. Die stand van die Kaia des Boois se sake is beroerde bewys hiervan. Moet Daantjie dus nie met WhatsApp’s, SMS’e, foonoproepe of e-posse oorval nie. Assambrief tog...
Ons kan nie broodnodige inligting oor Namibië se mense en hul wel en weë insamel nie, maar ons sal opnuut N$5,8 miljard aan verdediging en ons oorlogsveterane bestee. One shot, in een jaar.
En ons hôr al vir drie dekades geen groot skôte hier in onse buurt nie.
(Generaal, bel maar ‘n spioen om Dapper se foon te tap. Hack away, jintelmin. Daar is niks om te verdoesel nie.)
N$5,8 miljard. Dis meer as 11 keer 500 000 000.
One shot, sonder om met die steeds groeiende salarisrekening van die res van die staatsdiens, of die prys van staatsondernemings te bôdder. Waaruit mens nog ietsie in meme Nghipondoka, dokta’ Shangula, onkel Noa en andere se rigtings sou kon gestoot het. Oor die sportbegroting hou ons maar jillemal die bek.
‘n Stil een bly mos heel.
Ons weermag reken op N$3,8 miljoen se inkomste, wat rofweg beteken dis – as lopende bedryf - meer as duisendvoudig in sy kanon. Bloot as vergelyking; hoewel afskrikking deur middel van militêre spiere groot besigheid is, mag en kan oorlog nooit ‘n “wins” wys nie?
Van die groottotaal trek ons rofweg ‘n miljard vir die veterane en die administrasie van hul 800 miljoen se bystand af.
Verdediging kry 262 mil se ontwikkelingskapitaal; teenoor 300 vir onderwys en 200 vir gesondheid. Ek sê maar net...
En daar is ook meer as 200 mil vir meubels, voertuie, toerusting en goedere.
Verdediging sal 85 miljoen aan regeringsorganisasies betaal; waarvan 11 mil “vertroulik” is en 50 mil langs die naam van NPI staan. Nei, nie die hoenderboerdery nie. Ndilimani Pyrotechnics Industries, wat glo wapens en ammunisasie verskaf.
[Ndilimani beteken ... dinamiet.]
Dié vuurwerkhandelaar is al van ‘n Noord-Koreaanse konneksie beskuldig en is glo as besigheid gederegistreer. Sjoe. Hoe word toegifte aan ‘n nie-bestaande entiteit gemaak?
In Augustus kon ‘n parlementêre komitee ook nie antwoorde op die einste vraag uit rekenpligtige beamptes ryg nie.
Verdediging (minus veterane) kos omtrent 2,5% van die BBP. Heelwat laer as byvoorbeeld die VSA of Israel, maar meer as China, Australië, Kanada en ritse ander lande. Daarbenewens het die koste sedert 1991 vertienvoudig.
‘n Verswarende verskil: Namibië het net sowat 2,7 miljoen inwoners. En wáár ís daai skôte wat julle hôr?
As die goewerment net onthou het van die sensus, en besef hoe belangrik dit is, sou hulle iewers die geld kon vind?
(Die staat se nuusagentskap, Nampa, kry toe net N$15 miljoen en nie N$154 miljoen nie. So in daai enkele glipsie skuil meer as 100 mil?)
Voetnota: Dis nou nie presies soos die sensus nie, maar filmmakers, dramaturge en akteurs kan darem seker vir werk tydens die pandemie erken word eerder as om aan te voer daar is nie genoeg kuns geskep om pryse uit te deel nie? Sterkte, susters en broers in die kuste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie