Die groot tannie van die dorp
In elke dorp – klein of groot – is daar maar net daardie een tannie wat oral respek of vrees afdwing. Daardie tipiese tannie wat “alles weet” of “alles ken”.
Sy ken die vroedvrou, hoe om dogters groot te maak, hoe om vrou of man te vra, wat vir elkeen se huwelik werk of nie, wie sterf en watter verrigtinge die toepaslikste verrigtinge van geboorte tot sterfgevalle is.
Dit daar gelaat, sy is ook die raadgewer vir almal oor alles.
Sy gee raad as probleme in ’n huwelik opduik, of wanneer ’n liefman en liefvrou verskil. Jy kry haar in die voorste bank van die kerk en fynkam elke woord van die predikant. As jy hospitaal toe gaan, kry jy haar waar sy die dokter of verpleegter of skoonmaker raadpleeg of hulle dit nodig het of nie.
As dit by enige werk in die gemeenskap kom, is sy daar om almal te hiet en gebiet.
Daai tante kry jy oral.
En omdat sy orals is, ken sy al die skinderstories. En sy hou daarvan om almal te vertel, want dit is haar manier om almal te laat verstaan dat sy soos ’n elektriese draad ingeprop is in die polsslag van die gemeenskap.
Sy begin altyd haar stories met ’n “het jy gehoor?”.
Ja wat, die raad en hulp wat sy so vrylik – en baie keer ongenooid – uitdeel, kom nie verniet nie.
Op Otavi waar my ouers my in skool in die sewentigerjare gesit het, het ek met die kwasi-burgemeester wat ’n tradisionele medisynevrou was, kennis gemaak.
Ouma Susanna was die voortrekker en sy was ook die dorp se nuusvrou.
As jy in die ouma se goeie boekies wou bly, was haar vereiste dat jy haar “ingelig” moes hou.
Sy moes weet as daar nuwe inwoners in die dorpie intrek. Wie is hulle? Wat soek hulle hier? Waar kom hulle vandaan? Het hulle geld, of nie?
As iemand besluit om op te pak en weg te trek, was dit dieselfde storie. Wie? Hoekom? Waarnatoe?
En omdat sy die selfverkondigde miesies van die plaas was, moes sy natuurlik die eerste een wees wat die nuus van huis tot huis met ander deel. En wee jou as sy uitvind dat jy die lekker sappige en interessante of nuuswaardige stories eerste aan die plattelandse inwoners vertel het! Dan word jy vining afgegradeer van vriend tot vyand, buurvrou tot straatvrou.
Sy was darem ook barmhartig genoeg om jou toe te laat om weer in haar goeie boekies te kom. Jy moes haar dan vergoed en paai met tee, suiker, koffie of snuif as jy die vriendskap met haar wil vernuwe.
En as jy nog in die dorp wil bly, moes jy dit doen, want sy kon die lewe baie moeilik vir jou maak as jy nie na haar pype dans nie.
Ons eie land ons eie mense.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie