Die helende impak van musiek
Lanel (Wiesie) Kotzé – Dis Sondagoggend. Ek is by die werk en probeer om ’n sperdatum te haal.
Ons is in die bevoorregte posisie om baie werk te kan hê. Terselfdertyd staan dinge ook nie stil by die huis en op familievlak nie. Gister was gesinstyd, vandag is werkstyd.
Aangesien ek alleen op kantoor is, het ek die voorreg gehad om my YouTube-speellys vrye teuels te gee, nie met oorfone soos gewoonlik nie.
Twee Desembers gelede het ek almal wat ek ken (oukei, net diegene wat ingestem het) vir die hele maand gepla met daaglikse briefies, notas en skrywes. Ek het gehoop dat ek ’n bietjie vreugde kon bring aan diegene wat vrywillig aan boord gekom het.
Met ’n agtergrond in musiek het ek oor die jare geleer dat ’n mens die lewe in ’n ander dimensie kan ervaar.
Die emosionele dimensie is die een wat die beste deur musiek, lirieke en kunstigheid weerspieël word. ’n Sintuig wat hoor, sien en met die hart voel gekombineer.
Sommige dae gedurende daardie Desember was dit net YouTube-skakels wat ek gedeel het van musiek wat my geraak het, ander kere het ek iets geskryf. ’n Foto bygevoeg. Soms ’n grappie gedeel, of net ’n mooi prentjie.
Van die liedjies wat ek gedeel het was om my (of enigiemand wat dit nodig gehad het) op te beur, want swaarmoedigheid kom in ons gesin voor en dit tref elke nou en dan
Sedert daardie Desember het baie dinge in my en my gesin se lewens gebeur; in die hele familie se lewens eintlik.
Terwyl die speellys op my foon speel, onthou ek weer waaroor ek destyds geskryf het. Die liedjie Symphony deur Clean Bandit met Zara Larsson, spesifiek omdat die musiekvideo met ’n briljante en skitterende orkesstuk begin voordat die liedjie self begin speel. Iets wat my aan my universiteitsdae laat dink.
Die liedjie This Town deur Jeremy Loops en Ladysmith Black Mambazo begin volgende speel. Die opgewekte polsende Afrika-baslyn en -klanke saam met die veel ernstiger lirieke is so uniek aan Afrika en sy dualiteit.
Terwyl hierdie aangrypende musiek speel, word dit vergesel deur treffende en kleurvolle beelde in die musiekvideo van die Ladysmith Black Mambazo-musikante.
’n A capella-treffer van BYU, You will be found, is volgende op die lys.
’n Boodskap wat ek in daardie stadium gevoel het ek nodig gehad het.
“Even when the dark comes crashing through, when you need a friend to carry you, and when you’re broken on the ground, you will be found. So let the sun come streaming in, ‘cause you’ll reach up and you’ll rise again, lift your head and look around, you will be found.”
One more light van Linkin Park wat deur die One Voice Children’s Choir gesing word, begin speel en tref my skielik soos ’n vuishou tussen die oë.
“Should’ve stayed, were there signs, I ignored? Can I help you, not to hurt, anymore? We saw brilliance, when the world was asleep, There are things that we can have, but can’t keep.”
Ek het hierdie video per ongeluk daardie Desember ontdek en dit het my diep geraak hoe hulle 'n bestaande liedjie van 'n groep soos Linkin Park geneem het, dit in 'n kinderkoorlied verwerk het en toe videomateriaal bygevoeg het, wat die storie vertel het van die lede van die One Voice Children’s Choir wat oorlede is.
“Who cares if one more light goes out? In a sky of a million stars, it flickers, flickers. Who cares when someone’s time runs out? If a moment is all we are, we’re quicker, quicker. Who cares if one more light goes out? Well I do.”
Sommige mense het daardie Desember teenoor my oopgemaak en ons het saam gehuil oor hul verliese.
Vandag glo ek ek het destyds hierdie liedjie gevind en dit vir myself gehou, onbewus van die verlies wat nog op ons wag. Die rou snikke skeur vandag deur my, maar deur die gehuil kan ek ook die genesing voel werk.
Ek gesels weer met julle. Tot dan, sëen vir julle.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie